Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Gesig-oorplanting ná mislukte selfdood

’n Vrou van 22 het die jongste Amerikaner geword om ’n gesigoorplanting te ondergaan en is slegs die 40ste mens in die wêreld op wie die operasie uitgevoer is.

Katie Stubblefield was 18 toe sy haarself in ’n mislukte selfmoordpoging geskiet en ernstig beseer is.

Stubblefield (nou 22) se verhaal is die eerste keer in die tydskrif National Geographic vertel.

Die BBC berig omdat die operasie steeds as eksperimenteel beskou word, word dit nie deur mediese fondse in Amerika gedek nie en het die Armed Forces Institute of Regenerative Medicine daarvoor betaal.

Katie Stubblefield se gesig nadat sy van ’n selftoegediende skietwond herstel het.Foto: NATIONAL GEOGRAPHIC

Stubblefield is weens haar jeugdige ouderdom en die aard van haar beserings as ’n goeie kandidaat beskou.

Die oorgeplante gesig kom van Andrea Schneider (31) wat weens ’n dwelmoordosis dood is. Haar ouma, Sandra Bennington, het haar gesig geskenk. Sy het Stubblefield ná die operasie ontmoet.

Die tydskrif Time berig Stubblefield het by monde van haar ouers, Robb en Alesia, gesê dat sy baie dinge van voor af leer doen. Haar spraak het nog nie herstel nadat sy verlede maand ’n kakebeen- en tongoperasie ondergaan het nie.

“Ek voel weer soos ’n kleuter. Ek het pret om alles weer van voor af te leer.”

Voor die operasie het Stubblefield 22 rekonstruktiewe operasies ondergaan, insluitende een waarin uit haar bobeen geoes is en 3D-drukwerk gebruik is om vir haar ’n kaak te herbou, berig BBC.

Toe hulle verneem dat sy in aanmerking kan kom vir die oorplanting, het nie sy of haar familie geweet wat die proses behels nie.

“Ek het geen benul gehad wat ’n gesigoorplanting s nie. Nadat my ouers gehelp het om dit aan my te verduidelik, was ek opgewonde om ’n gesig te kry en om weer te funksioneer.”

Katie Stubblefielfd soos sy gelyk het voor die selfmoordpoging en ná die gesigoorplanting.Foto: NATIONAL GEOGRAPHIC

Volgens Time was die sukses van die herbouing nie ’n uitgemaakte saak nie.

Dr. Brian Gastman, ’n plastiese chirurg by die Cleveland-kliniek, wat lid was van die span wat na Stubblefield omgesien het, sê ’n gesigsoorplanting het na ’n lugkasteel gelyk – ’n tweede prioriteit ná haar meer dringende mediese behoeftes.

Soos Stubblefield gestabiliseer het, het die operasie moontlik begin lyk.

Volgens hom is die nuwe hoofstuk in Stubblefield se storie om haar “nuwe normaal” te omhels.

Nadat sy ’n jaar op die waglys was en nadat twee skenkers deur die mat geval het, het sy uiteindelik in Mei 2017 die operasie ondergaan, berig die BBC.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.