Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Gevaarlike stofwolk hang oor Sydney

’n Gesondheidswaarskuwing is uitgereik weens ’n yslike stofwolk wat oor dele in die suidooste van Australië hang en wat die lug oranje verkleur.

Die brug in die hawestad Sydney, Australië, terwyl ’n stofstorm nader. Foto: Getty

Owerhede het Donderdag die gesondheidswaarskuwing vir Sydney uitgereik omdat die stofwolk, wat oor 500 km strek, die stad bereik het.

Gevaarlike toestande heers reeds nadat die stofstorm die buitewyke van Sydney bereik het, berig The Australian.

In gebiede elders in Nieu-Suid-Wallis was die sigbaarheid swak.

Owerhede het gesê die storm het ontstaan deur sterk winde wat droë grond optel.

Volgens Australië se Buro vir Meteorologie is die probleem vererger deur die droogte wat sedert Augustus in die hele staat van Nieu-Suid-Wallis heers, berig die BBC.

’n Woordvoerder van Nieu-Suid-Wallis se ambulansdiens het gesê daar was ’n toename in oproepe van mense wat van respiratoriese probleme kla soos wat die luggehalte versleg het.

Die buro sê die stofstorm sal in die middel van die dag die ergste wees en oornag opklaar.

Stofstorms van hierdie omvang en aard is nogal ongewoon aan die ooskus van Nieu-Suid-Wallis, aldus die buro.

Sterk winde waai die droë grond van die westelike deel van Nieu-Suid-Wallis na die ooskus.

Die brug met die Sydney-operahuis in die agtergrond terwyl ’n stofstorm nader. Foto: Getty
Die stofstorm in Sydney het die lug by die operahuis verkleur. Foto: Reuters
Sydney in Australië se hawebrug met die operahuis in die agtergrond met die stofstorm wat al hoe nader kom. Foto: Reuters
’n Pad word verswelg deur ’n stofwolk in West Broken Hill, Nieu-Suid-Wallis, Australië. Dié foto is op 20 November geneem. Foto: Reuters


Meer oor:  Sydney  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.