Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Gevegte vlam op in Tripoli
Ambulans en veiligheidspersoneel die afgelope Maandag op die toneel nabyb die hoofkwartier van die Libiese nasionale oliekorporasie nadat drie gemaskerde mans 'n aanval op die gebou geloods het. Foto; Reuters

Minder as ’n week nadat die Verenigde Nasies ’n brose wapenstilstand tussen gewapende magte in Tripoli bewerkstellig het, is vuurpyle Dinsdag in die rigting van die lughawe in die Libiese hoofstad afgevuur.

Inwoners sê vlugte moes weens die voorval herlei word.

’n Woordvoerder van die faksie wat die Mitiga-lughawe beheer, sê geen skade is aangerig nie en niemand is dood nie. Radiostasies het berig talle mense is beseer.

Die nuutste gevegte woed die afgelope paar dae in die suide van Tripoli, berig Reuters. Die lughawe is oos van die stad.

’n Vlug van Libyan Airlines wat vanaf Alexandrië in Egipte onderweg was na Tripoli, is na Misrata, sowat 200 km oos van Tripoli herlei, het BBC News berig. Planne is beraam om nog vlugte te herlei.

Al Jazeera berig gewapende magte veg sedert einde Augustus om beheer van Tripoli.


Meer oor:  Tripoli  |  Libië  |  Oorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.