Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Gevierde aktrise McCrory sterf

Helen McCrory, die “pragtige en magtige” Britse aktrise wat bekend is vir haar vertolking sterk vroue karakters op die verhoog en skerm, is op 52 dood aan kanker, het Damian Lewis, haar eggenoot, Vrydag gesê.

Ná die aankondiging het verskeie bekendes hulde aan McCrory gebring.

Helen McCrory
Helen McCrory en haar man Damian Lewis. Hy is ook 'n akteur wat bekend is vir sy rol in Homeland. Foto: Reuters
Helen McCrory
Helen McCrory en haar man Damian Lewis. Foto: Reuters

Onder die bekendes was die skrywer JK Rowling en mede-akteurs soos Michael Sheen en ook Rufus Norris, die artistieke direkteur van die Londense Nasionale Teater, wat McCrory as “ongetwyfeld een van die grootste akteurs van haar generasie” geprys het.

Op die skerm het sy rolle soos die van Narcissa Malfoy in die Harry Potter-fliekreeks, die matriarg van ’n misdaadgesin in Peaky Blinders en Cherie, vrou van Tony Blair, voormalige eerste minister van Brittanje, vertolk.

Op die verhoog het sy as Medea, lady Macbeth en Hester Collyer in The Deep Blue Sea verskyn.

“Ek is hartseer om aan te kondig dat die pragtige en magtige vrou, Helen McCrory, ná ’n heldhaftige stryd met kanker vreedsaam tuis gesterf het. Sy was deur ’n golf liefde van vriende en familie omring,” het Lewis, wat veral bekend is om syrol in Homeland, gesê.

“Sy het gesterf soos sy geleef het. Vreesloos. Ons het haar liefgehad en weet hoe gelukkig ons is dat ons haar in ons lewens gehad het. Haar vlam het so helder gebrand. Gaan nou, Kleintjie, die lug in en dankie.”

Die egpaar, wat twee jong kinders gehad het, is in 2007 getroud.

Hulle het onlangs meer as £1 miljoen ingesamel om gesondheidswerkers van restaurantmaaltye tydens die pandemie te voorsien.

Sam Mendes, wat die regie van die James Bond-rolprent Skyfall behartig het, sê McCrory het oor ’n verstommende talent beskik het.

“Die rolprent- en teaterwêreld het ’n enig-in-haar-soort-aktrise verloor. Haar familie en vriende is van ’n buitengewone en ontembare gees beroof,” het hy gesê.

Norris, het gesê sy het oor helder indringende denke beskik. “Ons is verpletter en sal haar vreeslik mis,” het hy gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.