Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Geweld, werkloosheid neem toe in Afrika weens pandemie

Hoewel Afrika se dodetal relatief laag bly in die Covid-19-pandemie, het geweld toegeneem, terwyl resessies en werkloosheid weens die pandemie nou ’n gevaar vir lande op die vasteland inhou.

Dít is bevindinge wat in die Ibrahim Forum Report vir 2021 aangemeld is.

Volgens dié verslag is Afrika vir die eerste keer in 30 jaar in ’n resessie met ernstige gevolge soos werkloosheid, armoede, tekort aan voedsel en ongelykheid.

Geweld in Afrika het in die Covid-19-pandemie toegeneem. Foto: Reuters

Lande in Afrika het streng reisbeperkings ingestel toe die pandemie begin het en sodoende is miljoene lewens moontlik gered.

Maar Afrika is die enigste vasteland waar geweld tydens die pandemie toegeneem het.

Boendoe-misdaad het met 78% toegeneem, terwyl meer as 90 mense deur veiligheidsmagte tydens die inperkings doodgemaak is.

Volgens die verslag is pogings om konflik op te los, opsy geskuif en dit het gehelp dat ekstremiste groepe munt daaruit kon slaan.

Luidens die verslag moet werkgeleenthede nou weer geskep word.

Een van die oplossings is dat Afrika self entstof vervaardig. Dit sal werk skep en die druk op die gesondheidstelsel verminder. – Reuters


Meer oor:  Afrika  |  Pandemie  |  Resessie  |  Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.