Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Giuliani sluit hom by Trump se regspan aan

Rudy Giuliani, voormalige burgemeester van New York, het hom Donderdag by pres. Donald Trump se persoonlike regspan aangesluit met die doel om met die spesiale ondersoeker Robert Mueller in verbinding te tree.

Giuliani het in ’n onderhoud met CNN benadruk dat hy slegs ’n beperkte rol sal speel en Mueller sal nader om sy ondersoek na die Trump-verkiesingsveldtog se beweerde bande met Russiese agente tot ’n einde te bring.

Pres. Donald Trump van Amerika saam met Rudy Giuliani, voormalige burgemeester van New York, in September 2016. Foto: REUTERS/Mike Segar

Volgens Giuliani het Mueller se ondersoek ’n “klein hupstoot” nodig om afgehandel te word.

Trump het reeds herhaaldelik enige bande met Rusland rakende sy verkiesing ontken.

In sy onderhoud met CNN het Giuliani aangedui dat hy Mueller al lank ken en dat hulle in die departement van justisie saamgewerk het, sowel as toe hy die burgemeester van New York en Mueller die FBI-direkteur was.

Hy het ook gesê hy gaan ’n lys van Mueller aanvra oor alles wat nodig is om aan die ondersoek te “voldoen” en om die proses te bespoedig.

Giuliani het teruggekap oor gerugte dat Trump vir Mueller wou afdank. Hy sê die president het nooit aan hom genoem dat hy dit oorweeg nie, omdat dit “teenproduktief” sou wees.

As Mueller afgedank sou word, sal dit die ondersoek net verder uitrek en volgens Giuliani is die spesiale ondersoek tog billik.

Saam met Giuliani sluit die egpaar Martin en Jane Raskin hulle ook by Trump se regspan aan, berig Reuters.

Die president het vantevore al gesukkel om ’n gerekende prokureur te behou om hom in strafregtelike sake te verteenwoordig, met die prokureur John Dowd wat verlede maand as die hoof van die span bedank het.

Die Raskins het ’n regsfirma in Coral Gables, Florida, en is albei voormalige staatsaanklaers.

Martin Raskin was in die 1980’s die hoof van die strafregtelike afdeling van die prokureur-generaal se kantoor in Miami, en Jane Raskin het sake van georganiseerde misdaad in Boston vervolg.

Meer oor:  Donald Trump  |  Robert Mueller  |  Rudy Giuliani  |  Vsa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.