Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
G’n bewyse dat bomme uit wraak was, sê NS-premier

Sy weet nie van enige inligting wat daarop dui dat die selfmoordbomaanvalle Sondag in Sri Lanka uit weerwraak vir die aanvalle op twee moskees in Christchurch in Nieu-Seeland uitgevoer is nie, sê Jacinda Ardern, Nieu-Seeland se premier.

Sri Lanka se minister van verdediging, Ruwan Wijewardene, het egter dié stelling in sy land se parlement gemaak. Volgens hom dui aanvanklike ondersoeke daarop, berig Reuters.

New Zealands Prime Minister Jacinda Ardern attends
Jacinda Ardern, Nieu-Seeland se premier. Foto: Reuters

Veiligheidskenners en -ontleders bevraagteken egter die aanvallers se vermoë om dié omvangryke aanvalle in Sri Lanka so kort ná die Christchurch-aanvalle te beplan en uit te voer.

“Ons het niks amptelik gehoor nie en geen inligtingsverslae ontvang wat staaf wat in Sri Lanka gesê word nie,” het Ardern op ’n nuuskonferensie gesê.

“Sri Lanka is nog in ’n vroeë stadium van sy ondersoek. Nieu-Seeland beplan nie om betrokke te raak nie en om Sri Lanka toe te laat om met sy ondersoek te vorder. In hierdie stadium is daar niks wat hierdie aannames bevestig nie,” het sy volgens Reuters gesê.

Die Islamitiese Staat (IS) het verantwoordelikheid vir die aanvalle in Sri Lanka aanvaar en sewe aanvallers se gevegsname verstrek. Geen verdere bewyse vir sy aanspraak is egter verskaf nie.

Ranil Wickremesinghe, premier van Sri Lanka, het op ’n nuuskonferensie gesê daar word gevorder met die identifikasie van die aanvallers en hulle meen dat daar wel bande met die IS kan wees.

Volgens Wijewardene was die leier van die selfmoordbomaanvallers onder diegene wat hulself opgeblaas het. ’n Vrou was ook een van die aanvallers, het hy op ’n nuuskonferensie in Colombo gesê.

Volgens hom het al die aanvallers ’n goeie opvoeding gehad en een het in Brittanje en Australië gestudeer, berig Al Jazeera.

Wijewardena het gesê agt van die nege aanvallers is reeds geïdentifiseer terwyl twee geheime huise reeds gevind is en minstens 60 mense in hegtenis geneem is.

Meer oor:  Jacinda Ardern  |  Nieu-Seeland  |  Sri Lanka  |  Politiek  |  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.