Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Grace Mugabe slaan huiswerker glo dat bloed loop

Grace Mugabe, vrou van oudpres. Robert Mugabe, is weer in verband met ’n aanrandingsaak in die nuus nadat sy glo ’n huiswerker geslaan het dat die bloed loop.

The Telegraph berig dat “Gucci Grace”, soos sy weens haar spandabelrige leefstyl bekend staan, glo woedend geword het omdat Mugabe vir die huiswerker kontant as ’n trougeskenk gegee het. Grace het haar skoene gegryp en die huiswerker glo so erg daarmee en met haar vuiste geslaan dat die bloed geloop het.

Shupikai Chiroodza, die huiswerker wat ’n werknemer van die regering was, sê luidens The Zimbabwe Mail die beweerde aanranding was op 13 Maart 2017, sowat agt maande voordat Mugabe uit die kussings gelig is.

Oudpres. Robert Mugabe en sy vrou, Grace. Foto: Getty Images

Chiroodza is ook afgedank en het nou ’n saak van onregverdige ontslag aanhangig gemaak, berig AFP.

Sy sê in ’n verklaring deur haar regsverteenwoordigers dat toe sy by Grace aankom, die destydse presidentsvrou op haar geskree het, haar aan die nek gegryp en by die huis ingepluk het en toe die deur gesluit het.

“Sy het my met haar vuiste begin slaan en gevra wie ek dink ek is om haar man so agter haar rug te melk,” sê Chiroodza.

“Sy het haar skoene uitgetrek en my aanhou slaan totdat die bloed uit my voorkop, mond en neus gestroom het.”

NewsDay berig dat Grace Chiroodza na bewering 20 minute lank aangerand het totdat daar gaste by die huis opgedaag het. Grace het glo opgehou en vir Chiroodza gesê dat as die gaste nie opgedaag het nie, sy haar sou doodgemaak het. Daarna het sy haar glo beveel om nooit oor die voorval te praat nie, anders sou sy haar vermoor. Chiroodza is toe huis toe.

Grace word in Suid-Afrika deur klagte van aanranding in die gesig gestaar nadat sy na bewering die model Gabriella Engels op 13 Augustus 2017 met ’n elektriese koord in ’n hotelkamer in Sandton bygedam het.

Meer oor:  Hof  |  Aanranding  |  Grace Mugabe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.