Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Greta sterk kandidaat vir Nobelprys

Vanjaar se Nobelprys vir Vrede kan aan die groen-kampvegter Greta Thunberg en die Fridays for Future-beweging gaan om die skakel tussen omgewingskade en die bedreiging vir vrede en sekuriteit te belig, sê kenners.

Greta Thunberg, klimaataktivis

Die wenner van die $1 miljoen-prys, waarskynlik die wêreld se hoogste eerbetoon, word op 9 Oktober uit 318 kandidate aangewys. Die prys kan op drie maniere verdeel word.

Drie Noorweegse wetgewers en twee Sweedse parlementariërs het die 17-jarige Sweed benoem en as sy wen, sal sy dit op dieselfde ouderdom ontvang as Pakistan se Malala Yousafsai, die jongste pryswenner tot dusver.

Asle Sveen, ’n geskiedkundige en skrywer van verskeie boeke oor die prys, sê Thunberg sal ’n sterk kandidaat vir vanjaar se prys wees, haar tweede benoeming in twee jaar, met die brande aan Amerika se weskus en die stygende temperature in die Arktiese gebied wat mense “glad nie laat twyfel” oor aardverhitting nie.

Nie ’n enkele mens het meer as sy gedoen om die wêreld op klimaatsverandering te laat fokus nie.
Skrywer Asle Sveen

“Nie ’n enkele mens het meer as sy gedoen om die wêreld op klimaatsverandering te laat fokus nie,” het Sveen aan Reuters gesê.

Die komitee het voorheen die prys aan omgewingsbewustes gegee, met Kenia se Wangari Maathi die eerste een wat dit in 2004 vir haar veldtog gewen het om 30 miljoen bome oor Afrika heen te plant, en in 2007 aan Al Gore en die interregeringspaneel vir klimaatsverandering.

In die era van die koronavirus-krisis kon die komitee kies om die bedreiging wat pandemies vir vrede en sekuriteit inhou, uit te lig, het Dan Smith, die direkteur van die Internasionale Vredesnavorsingsinstituut in Stockholm, gesê. “Daar is ’n verhouding tussen omgewingskade en ons toenemende probleem met pandemies en ek wonder of die Nobel-vredesprys-komitee dit sal wil uitlig,” sê hy aan Reuters.– Reuters

Meer oor:  Greta Thunberg  |  Benoemings  |  Nobelprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.