Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Groot geskarrel om korona-pandemie te keer
virus
Mediese personeel by 'n hotel in Haiku waar toeriste van die Hubei-provinsie, waar die dodelike virus uitgebreek het, 14 dae lank waargeneem word. Foto: Reuters

Die dodetal in China weens die korona-virus staan nou op 41 en teen Saterdagaand (Chinese tyd) was 1 372 mense in dié land reeds met die virus besmet.

Daar is ook tekens van die virus in Thailand, Viëtnam, Singapoer, Japan, Suid-Korea, Taiwan, Nepal en Amerika.

Die virus het uitgebreek in Wuhan, waar mense nou maskers en beskermende klere moet dra en verkieslik binnenshuis moet bly.

Volgens Reuters is daar 59 miljoen mense in Hubei, die provinsie waarin Wuhan geleë is. Net in Wuhan is 11 miljoen mense.

Die BBC berig beperkings op reise in China het verskeie stede lamgelê. Van Sondag af is alle private reise daar verbode.

Met sowat 1 300 mense buite China wat reeds die virus opgedoen het, skarrel gesondheidsowerhede oor die wêreld heen om ’n pandemie te probeer voorkom.

Amerika het Saterdag ’n vliegtuig gestuur om sy burgers en diplomate in Wuhan te gaan haal, berig die Wall Street Journal.

Frankryk maak glo ook planne om binnekort ’n vliegtuig na Wuhan te stuur om sy burgers terug te bring.

In Hongkong, waar vyf gevalle van die virus bevestig is, is vlugte en treindienste na en van China gestaak en ’n marathon waaraan tot 70 000 atlete op 8 en 9 Februarie sou deelneem, is gekanselleer.

’n Noodtoestand is afgekondig en alle feesvieringe rondom die Chinese nuwe jaar in Hongkong is gekanselleer.

Verkeer na en van China word ook beperk, berig Reuters.

Intussen het Australië Saterdag sy eerste vier gevalle van die virus bevestig, terwyl daar drie gevalle in Maleisië aangeteken is. Ook in Frankryk is die virus aangemeld.

Die oorsprong van die siekte is nagespeur tot in ’n mark in Wuhan waar onwettige diereprodukte verkoop word.


Meer oor:  Korona-Virus  |  Pandemie  |  China
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.