Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Groot gevaar vir Hongkong as China militêr ingryp

Die Hongkongse leier Carrie Lam – wat deur Beijing gesteun word – het betogers hier Maandag weer gewaarsku dat hulle die stad tot op die rand van ’n “uiters gevaarlike situasie bring” en dat dit ’n aanval op China se soewereiniteit is.

Betogers
Betogers in Hongkong hardloop verlede week weg nadat die polisie traanrook afgevuur het. Foto: AP

Lam het vir die eerste keer in twee weke in die openbaar gepraat terwyl betogers die stad in ’n algemene staking vir die eerste keer tot algehele stilstand gebring het.

Lam het gewaarsku die betogers plaas die stad op ’n pad waar daar nie omdraaikans is nie. Sy het steeds geweier om te bedank.

Sy het nie uitgebrei op wat die gevaarlike situasie en die pad met geen omdraaikans behels nie, maar daar is al in die verlede gewaarsku dat China sy militêre magte kan instuur om die betogers vas te vat, en dat dit die einde van Hongkong se “beperkte onafhanklikheid” kan wees.

Nadat Brittanje sy eertydse kolonie op 1 Julie 1997 aan China teruggegee het, is ooreengekom op ’n tydperk van 50 jaar van “een land, twee stelsels” om te voorkom dat die vooruitstrewende Hongkong onder die beperkings van die Chinese bewind doodgedruk word.

Lam het Maandag gewaarsku die voortdurende betogings kan moeilikheid inhou vir die ooreenkoms van “een land, twee stelsels” en dit kan die vooruitgang en stabiliteit van Hongkong in gevaar stel.

Sy het dit duidelik gemaak dat sy nie sal bedank soos die betogers eis nie, maar dat die regering vasberade is om wet en orde te handhaaf.

Sedert 9 Junie is daar reeds 420 mense in hegtenis geneem, volgens die polisie.

Traangas is Maandag deur die polisie gebruik tydens hernieude chaos in die stad.

Sedert 9 Junie is daar reeds 420 mense in hegtenis geneem, volgens die polisie.

Dit is die grootste politieke uitdaging en burgerlike opstand teen die Chinese leier, Xi Jinping, sedert hy in 2012 aan bewind gekom het.

Dit het begin weens ’n Hongkongse wetsontwerp om mense van Hongkong te kan uitlewer aan China om daar tereg te staan, maar het gegroei tot groter weerstand teen die regering.

Talle winkels oral in die stad het Maandag hul deure gesluit. Dit sluit in H&M, Chanel en Dior. Winkels in die besige Causeway Bay-distrik het ook gesluit. – Reuters

Meer oor:  Carrie Lam  |  Hongkong  |  China  |  Betogers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.