Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Groot kommer ná korona-gevalle buite China styg
Ondersteuners het Saterdag in Chiba, Japan, met maskers aan na ’n sokkerwedstryd gaan kyk. Foto: Getty Images

’n Skerp toename in gevalle van die Covid-19-virus (vroeër bekend as die koronavirus) in Suid-Korea, Italië en Iran laat die wêreld regop sit.

In Suid-Korea het die getal bevestigde gevalle met 169 gestyg tot 602.

Meer as die helfte van die nuwe gevalle word verbind met ’n kerk in die suidooste van die land.

Moon Jae-in, Suid-Korea se president, sê die regering het nou sy “strengste” maatreëls ingestel in ’n poging om die verspreiding van die virus te stuit.

Dit is egter nog nie bekend presies wat die regering se plan is nie.

In Italië is daar nou 132 bevestigde gevalle. Die regering het streng maatreëls ingestel. Skole en universiteite in die noorde is gesluit terwyl sokkerwedstryde ook in die gebied uitgestel is.

Bykans ’n dosyn dorpe in die Lombardye- en Veneto-provinsies is ook onder kwarantyn geplaas.

Iran het sedert Dinsdag 43 gevalle van Covid-19 aangemeld en agt mense is reeds dood.

Saudi-Arabië, Koeweit, Irak en Turkye het almal reeds ’n reisverbod na en van Iran gepaas.

In China, wat die meeste gevalle van Covid-19 het, is daar 648 nuwe gevalle aangemeld, maar slegs 18 daarvan was buite die Hubei-provinsie, waar die virus vermoedelik in die hoofstad, Wuhan, ontstaan het. Die getal gevalle buite dié provinsie is die laagste sedert die owerhede data oor gevalle begin bekendgemaak het.

Xi Jinping, president van China, sê terwyl die stappe wat gedoen is om die virus in sy spore te stuit effektief is, is die virus steeds in ’n “kritieke” stadium.

Mense in China word steeds aangeraai om maskers te dra wanneer hulle in die openbaar is.

Die virus is reeds by 76 936 mense in China gediagnoseer terwyl 2 442 mense in die land reeds daaraan gesterf het.

Geen nuwe gevalle is sedert 22 Februarie in Beijing, Zhejiang en Sichuan aangemeld nie. Daar is ook tekens van lewe op die strate van Shanghai, waar sekere restaurante kos bedien het en mense, met maskers op, met hul honde gaan stap het.

Die situasie word egter steeds gemonitor en ontleders hou ’n oog oor tekens van ’n sekondêre golf van gevalle. Vervoerbeperkings word ook stadig maar seker opgehef.

Altesaam 78 891 bevestigde gevalle van die virus is reeds wêreldwyd aangemeld, terwyl 2 466 mense reeds dood is. 23 386 mense het reeds herstel nadat hulle aangesteek het. – Reuters


Meer oor:  Italië  |  Suid-Korea  |  Iran  |  Covid-19-Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.