Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Groot ysberg verdwerg New York

’n Reusagtige stuk ys amper vier keer die grootte van New York het van die rif van Antarktika tot in die Weddell-see geskuif en só volgens die Europese Ruimteagentskap die grootste drywende ysberg ter wêreld geword.

Die reuse-ysberg wat van die Antarktiese vasteland afgebreek het. Foto: European Space Agency (ESA) /Earth Observation)

Die nuutgevormde berg, wat deur wetenskaplikes A-76 gedoop is, is in onlangse satellietbeeldmateriaal vasgevang deur die Copernicus Sentinel-1-missie, sê die agentskap in ’n verklaring op sy webwerf.

’n Foto van die reusagtige, langwerpige ysplaat waarvan die oppervlakte oor 4 320 km² strek is ook gepubliseer. Die ysplaat is 175 km lank en 25 km wyd.

In vergelyking is New York se totale grond- en wateroppervlakte 1 213 km², terwyl die Spaanse eiland van Majorka in die Middellandse See 3 640 km² beslaan.

A-76 is nou die grootste bestaande ysberg ter wêreld – groter as A-23A, wat sowat 3 380 km² groot is en wat ook in die Weddell-see dryf.

Wetenskaplikes het vroeër vanjaar bekend gemaak nog ’n groot Antarktiese ysberg wat ’n pikkewyn-bevolkte eiland aan die suidelike punt van Suid-Amerika bedreig het, het sedertdien baie van sy massa verloor en in stukke opgebreek.

Die Ronne-ysbank naby die basis van die Antarktiese skiereiland is een van die grootstes van verskeie drywende ysplate wat verbind is aan die grondmassa van die vasteland en wat tot in die omliggende see uitstrek.

Die afskuiwing van groot stukke van die ysplate is deel van ’n natuurlike siklus en die afbreek van A-76, wat waarskynlik gou in twee of drie stukke gaan opbreek, is nie weens klimaatverandering nie, het Ted Scambos, ’n navorsingsgletserkundige van die Universiteit van Colorado, gesê. – Reuters, The Guardian, Sydney News Today

Meer oor:  Antarktika  |  New York  |  Ysberg  |  Natuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.