Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
‘Gupta-sanksies ’n boodskap teen korrupsie’

Amerika se sanksies teen die Gupta-familie en ander wat van korrupsie beskuldig word, stuur ’n sterk boodskap dat hy sal “voortgaan om uitgelese mense met goeie konneksies en korrupte amptenare verantwoordbaar te hou”.

Sigal Mandelker, onderminister in die VSA se tesourie belas met terrorisme en finansiële intelligensie, het Vrydag op ’n nuuskonferensie gesê die tesourie het sanksies ingestel teen sakelui in Suid-Soedan en die vorige dag teen die Gupta-familie en hul vennote in verband met korrupsie, omkopery en die wanaanwending van staatsbates.

“Dit stuur ’n sterk boodskap dat die Amerikaanse tesourie sal voortgaan om mense met goeie konneksies en korrupte staatsamptenare aanspreeklik te hou vir diefstal van hul eie mense. Ons wil regte verandering op voetsoolvlak sien, waar korrupsie nie die norm is nie en geweld nie lonend is nie.”

Sigal Mandelker, onderminister in die Amerikaanse tesourie.Foto: TREASURY.GOV

Mandelker sê die sanksies word ingestel om magsmisbruik te bloot te lê en te verhoed dat “kleptokrate en hul fasiliteerders Amerika en die wêreld se finansiële stelsel gebruik om hul geld weg te steek en te was.”

“Dit wys daar is nagevolge vir dié wat dink dat hulle met die onregmatige winste van korrupsie, omkopery en misdaad kan wegkom. Ons fokus nie net op sanksies teen individue nie, maar wil transnasionale netwerke uitroei.”

Volgens Mandelker is lede van die Gupta-familie by “wydverspreide korrupsie en omkopery”, opgeblase kontrakte en wanaanwending van staatsbates betrek.

“Die familie word verbind met ’n reeks korrupte bedrywighede en het na bewering honderdmiljoene dollars deur onwettige transaksie bekom. In een voorbeeld is die Gupta-familie strategies te veel betaal in ’n regeringskontrak en is van die geld teruggeploeg in ’n skenking aan ’n politieke party. In ’n ander voorbeeld het die familie ’n Suid-Afrikaanse amptenaar betaal om mense aan te stel wat met die Guptas se sakebelange verbind word.”

Mandelker sê dié optrede van die Amerikaanse tesourie steun die voortdurende werk teen korrupsie deur die regstelsel en wetstoepassers in Suid-Afrika.

“Verder loof ons die uitsonderlike werk deur die burgerlike samelewing, aktiviste, verklikkers en ondersoekende joernaliste in Suid-Afrika wat die omvang van die Gupta-familie se korrupsie blootgelê het.”

Die Amerikaanse regering het Donderdag sanksies teen Ajay, Atul en Rajesh Gupta en hul vennoot Salim Essa aangekondig.

Ajay en Atul GuptaFoto: Muntu Vilakazi
Meer oor:  Gupta-Familie  |  Vsa  |  Sanksies  |  Politiek  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.