Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
‘Hallo, broer, welkom,’ sy laaste woorde aan skieter
WELLINGTON, NEW ZEALAND - MARCH 16: New Zealand Pr
Jacinda Ardern. Foto: Getty Images

Jacinda Ardern, Nieu-Seeland se premier, het die dapperheid en moedigheid van die aanbidders in die al-Noor-moskee geprys toe ’n gewapende man toegeslaan en hul vriende en familielede doodgeskiet het.

Ardern het Dinsdag gesê dat Nieu-Seeland as ’n nasie by sy Moslem-gemeenskap in “sy donkerste uur” staan.

Voorbereidings vir die begrafnisse van die 50 mense wat verlede Vrydag in twee moskees in Christchurch doodgeskiet is, is Maandag getref.

Ardern het drie van die slagoffers uitgesonder, veral een.

Hati Mohammed Daoud Nabi (71) het die deur van die al-Noor-moskee oopgemaak en volgens Ardern gesê: “Hallo, broer, welkom.”

Ardern gesê dit was sy laaste woorde. “Hy het natuurlik nie geweet van die haat agter die deur nie, maar sy verwelkoming sê vir ons baie – dat hy ’n lid was van ’n geloof wat al sy lede verwelkom, wat oop is en wat omgee.”

Sy het gesê sy het nooit voorsien dat sy die hartseer van ’n nasie sou moes verwoord nie. Sy het haar toespraak begin met die Arabiese groet “As-salaam Alaikum”, wat beteken “mag jy vrede hê”.

Die man wat vir die moorde in die hof verskyn het, Brenton Tarrant (28) is ’n Australiër wat in Dunedin, Nieu-Seeland, woon. Hy is vermoedelik ’n aanhanger van wit oorheersing. Die mense in die moskee was almal Moslem-migrante, vlugtelinge en afkomstig van lande soos Pakistan, Bangladesj, Indië, Turkye, Koeweit en Somalië.

Christchurch-aanvalle, terreur
'n Skermgreep van 'n video van die skietery wat glo deur die skieter geneem is en regstreeks op Facebook uitgesaai is. Foto: Reuters

Tarrant verskyn weer op 5 April in die hof wanneer nog aanklagte na verwagting bygevoeg sal word.

“Die oorledenes se naasbestaandes sal geregtigheid sien geskied,” het Ardern gesê. Sy het bygevoeg dat sy nooit die vermeende aanvaller se naam sal noem nie, omdat hy waarskynlik publisiteit vir sy opvattings van wit heerskappy soek. “Dit sal Nieu-Seeland hom nie gee nie, nie eens sy naam nie.”

Volgens die Moslem-gebruik is die lyke van die slagoffers Dinsdag gewas en voorberei om begrawe te word. Spanne vrywilligers het van oral na Nieu-Seeland gevlieg om met die groot werklading te help.

mosque shootings
'n Beseerde word weggeneem. Foto: AP

Farhid Ahmed (59), wat die aanval oorleef het maar wie se vrou doodgeskiet is, het gesê hy sal graag die skieter wil ontmoet om vir hom te sê: “Ek het jou steeds lief. Ek stem nie saam met wat jy gedoen het nie. Jy het ’n verkeerde besluit geneem in ’n verkeerde rigting, maar ek wil in jou glo, dat jy groot potensiaal in jou hart het.”

Nog sowat 50 mense is ook in die aanval beseer, waarvan nege nog in ’n kritieke toestand verkeer. ’n Vierjarige kind is in ’n kritieke toestand na ’n hospitaal in Auckland oorgeplaas.

Ardern het vroeër ná die skietvoorval gesê sy steun ’n verbod op semi-outomatiese wapens en dat die regering reeds in beginsel veranderinge aan die land se wapenwette goedgekeur het.

In reaksie hierop het sommige Nieu-Seelanders vrywillig hul wapens opgegee terwyl ander gou wapens gaan koop het om die verbod voor te spring. - Reuters


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.