Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Hamas, Israel stem in tot skietstilstand

’n Skietstilstand heers in die beleërde Gasa-strook.

Reuters berig Hamas, die Islamitiese groep wat die Gasa­strook beheer, en Israel het laat Dinsdag opgehou met aanvalle op mekaar.

Die skietstilstand is blykbaar deur bemiddelaars van Egipte bewerkstellig.

Soos vroeër berig het die Verenigde Nasies die situasie Dinsdag as “uiters gevaarlik” bestempel, nadat Hamas Maandag hul intensiefste bombardering van Israel sedert die Gasa-oorlog in 2014 uitgevoer het.

Inwoners in die suide van Israel het betoog teen hulle regering se besluit om op te hou skiet in Gaza, terwyl Palestynse militante ’n soortgelyke besluit geneem het. Foto: Reuters

Die BBC berig sedert die opvlam van aanvalle het Palestyne sowat 460 vuurpyle en mortiere na Israel afgevuur. Israel het in reaksie daarop lugaanvalle op 160 militêre teikens uitgevoer.

Die verskerpte aanvalle het gekom nadat ’n geheime operasie van die Israelse weermag in Palestina Sondag bekend geword het waartydens sewe Palestyne en een Israeli dood is.

Albei kante het dit duidelik gemaak dat die skietstilstand nie lang termyn is nie.

Al Jazeera berig Hamas sê hulle sal die skietstilstand respekteer solank as wat Israel dieselfde doen.

Meer oor:  Israel  |  Hamas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.