Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Harry se Meghan by Invictus-spele
Meghan Markle is vergesel deur haar goeie vriend Markus Anderson, wat haar verlede jaar aan prins Harry voorgestel het.

Prins Harry se meisie, die aktrise Meghan Markle, het Saterdagaand die eerste keer ’n amptelike geleentheid saam met hom bygewoon.

Sy was saam met hom by die Invictus-spele by die Air Canada Centre in Toronto, Kanada, waar sy nie langs die prins gesit het nie, maar wel naby hom. Harry is vergesel deur die Amerikaanse presidentsvrou, Melania Trump, berig The Daily Mail.

Markle, wat geklee was in ’n pers rok en bypassende leerbaadjie wat sy oor haar skouer gegooi het, is vergesel deur haar goeie vriend Markus Anderson, wat haar verlede jaar aan prins Harry voorgestel het.

Haar teenwoordigheid by ’n amptelike geleentheid sal die tonge nog meer los hê oor wanneer ’n verlowing verwag kan word.

Die Invictus-spele is ’n internasionale sportgeleentheid in paralimpiese styl wat deur prins Harry begin is. Op dié spele ding gewonde, beseerde of siek soldate en veterane mee in sportsoorte soos rolstoel-basketbal en binnenshuise roei.

Markle het 'n pers rok gedra met 'n baadjie wat sy los oor haar skouers gehang het. Foto: Reuters

Markle, wat in Toronto woon waar die TV-reeks Suits verfilm word waarin sy speel, het hande geklap en geglimlag terwyl die deelnemers by die stadion aangekom het, berig die BBC.

In sy openingstoespraak het prins Harry, wat as helikoptervlieënier in Afghanistan diens gedoen het, gesê hy het verplig gevoel om bewusmaking te skep oor die opofferings van mans en vroue wat in diens van hul land is.

“Ek het in 2008 gewag vir ’n vliegtuig toe die kis van ’n Deense soldaat deur sy vriende op die vliegtuig gelaai is. Op die vlug was daar drie Britse soldate, almal in ’n geïnduseerde koma en met ledemate wat hulle verloor het.

“Dit het die manier waarop ek na opoffering gekyk het, vir ewig verander en die rigting van my lewe het daarmee saam verander.

“Ek het geweet dit is my verantwoordelikheid om ’n platform te skep om die wêreld te help om begrip te hê vir en geïnspireer te word deur die mans en vroue in uniform.”

Meer oor:  Harry  |  Meghan Markle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.