Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Harry, sterkte met Meghan, jy sal dit nodig kry – Trump

Ná die uitreiking van ’n video waarin Meghan Markle Amerikaners aanmoedig om in die komende verkiesing te gaan stem, het pres. Donald Trump geen geheim daarvan gemaak oor hoe hy oor haar voel nie.

“Ek is nie ’n bewonderaar van haar nie,” het hy Woensdag op ’n vraag van ’n verslaggewer gesê nadat die tydskrif Time die video die vorige dag, waarop die Amerikaanse kiesers moes gaan registreer, uitgereik het.

Volgens SkyNews ondersteun sy en haar man, prins Harry, in effek die Demokratiese presidentskandidaat, Joe Biden, in hul videoboodskap.

Volgens die aanlyn koerant The Independent het Trump selfs gesê hy wens Harry sterkte toe met Meghan “want hy gaan dit nodig kry”.

Meghan Markle Foto: Michael Tran/FilmMagic

In die video benadruk sy die belangrikheid van die komende verkiesing in November, en Harry moedig mense aan om haatspraak en aanlyn negatiwiteit te verwerp.

Volgens Daily Mail beskou talle Harry se stelling as kritiek teenoor Trump, maar ’n bron naby hom ontken dit.

Dié egpaar se video is ook nie goed deur die Britse koningshuis ontvang nie. Buckingham-paleis het homself van Harry se uitlatings gedistansieer en voer aan dat hy dit in sy private hoedanigheid maak.

In Brittanje word van die koningin en haar familie verwag om neutraal te bly wat politiek betref.

In die video noem Harry ook dat hy nog nooit in Brittanje kon stem nie en sê dat hy ook nie in vanjaar se verkiesing in Amerika kan stem nie. Volgens hom is hulle egter uiters trots om deel van hierdie geskiedkundige oomblik te wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.