Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Hart van oliebedryf geteiken

Hoeti-rebelle het Maandag met hommeltuie en missiele ’n aanval uitgevoer op die hartjie van Saoedi-Arabië se oliebedryf.

Die Saoediese minister van energiesake sê niemand is in die aanval beseer nie en daar was geen beduidende skade aan eiendom nie. Die regering in Riaad bestempel dit as ’n mislukte aanval op die wêreld se energiesekerheid.

Die Saoediese departement van verdediging sê hy het ’n gewapende hommeltuig onderskep wat op pad was na die aanleg by Ras Tanoera, wat ’n raffinadery en die wêreld se grootste olieverskepingsgeriewe insluit. Skrapnel van ’n missiel het ook geval naby ’n woonkompleks in Dharan wat behoort aan die reuse-oliemaatskappy Saudi Aramco.

Brig.genl. Jahia Sarea, woordvoerder van die Hoe­ti-rebelle, sê die groep het 14 hommeltuie en agt missiele gelanseer in “ ’n wye operasie in die hartjie van Saoedi-Arabië”. Volgens hom het die groep ook militêre teikens in die stede Dammam, Asir en Jazan aangeval.

Die rebelle is die afgelope ses jaar in ’n stryd met die Saoediese koalisie. Die militêre alliansie het in Maart 2015 in Jemen ingegryp nadat die rebelle die regering, wat die steun van die Saoediese regering geniet het, omvergewerp en die mag in die hoof­stad, Sanaa, oorgeneem het. Die konflik word beskou as ’n afstandsoorlog tussen Saoedi-Arabië en Iran.

Pres. Joe Biden het in Februarie die VSA se steun aan die koalisie se offensiewe optrede onttrek, maar sê Amerika sal Saoedi-Arabië steeds help om homself te verdedig. Die koalisie meen Biden­ se aankondiging het die rebelle meer moed gegee.

Luidens ’n verklaring het die koalisie Sondag lugaanvalle op rebelleteikens in Sanaa en ander streke uitgevoer.

’n Woordvoerder van die Saoediese weermag sê oor Maandag se aanval: “Sulke sabotasie bedreig nie net die Koninkryk Saoedi-Arabië nie, maar ook die veiligheid en stabiliteit van energievoorrade en derhalwe die wêreldekonomie.”

Die aanval het die prys van ruolie­ tot meer as $70 per vat opgestoot – die hoogste sedert Januarie 2020.

Meer oor:  Saoedi-Arabië  |  Aanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.