Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Harvey Weinstein skuldig op 2 klagte

Die gewese rolprentvervaardiger Harvey Weinstein is Maandag in ’n hof in New York skuldig bevind daaraan dat hy “ ’n misdadige seksdaad met voorbedagte rade gepleeg het waarby een vrou betrokke was” en “verkragting sonder voorbedagte rade” waarby ’n ander vrou betrokke was.

Die eens magtige Hollywood-rolprentvervaardiger is deur die jurie in sy saak vrygespreek op die ernstiger aanklagte van “predatoriese seksuele aanranding” op twee vroue, Miriam Haley en Jessica Mann.

Hy is ommiddellik na sy skuldigbevinding geboei en tronk toe geneem waar hy sal bly totdat hy gevonnis word, berig die New York Times

Hy kan tot 25 jaar tronkstraf opgelê word weens die "misdadige seksdaad" en tot vier jaar weens derdegraad-verkragting. Weinstein se vonnisverhoor vind op 11 Maart plaas.

Lees ook: Weinstein wil vir $25 miljoen skik sonder om skuld te beken

harvey
Harvey Weinstein kom Maandag by die hof aan. Foto: Reuters

Meer oor:  Harvey Weinstein  |  #Metoo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.