Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Heelparty Britte maar lou oor groot troue
Megan Markle en prins Harry. Foto: Samir Hussein/WireImage

Hoewel miljoene mense wêreldwyd gereed sit om te kyk hoe prins Harry en Meghan Markle Saterdag trou, is die meeste Britte maar taamlik lou oor dié koninklike troue van die jaar, luidens ’n peiling wat deur YouGov gedoen is.

Uit die peiling, wat gedoen is in opdrag van Republic, ’n drukgroep teen die monargie in Engeland, blyk dit dat 66% van die respondente nie belang stel in die troue nie, terwyl byna net soveel mense (60%) beplan om ’n doodgewone naweek te hê – troue of nie.

Meer as 5 000 lede van die media en nog 100 000 nuuskierige mense word verwag in die omgewing van die Windsor-kasteel waar die troue in die St. George-kapel gehou word.

57% van die respondente meen die koninklike familie moet self betaal vir die troue, asook vir die koste verbonde aan die bykomende polisiemag wat aan diens moet wees vir die geleentheid.

“Dié YouGov-peiling wys ’n duidelike patroon van ’n volk wat geen belangstelling het in die koninklike familie nie en eintlik apaties staan teenoor hulle,” sê Graham Smith, uitvoerende hoof van Republic.

“Ons is nog nie republikeine nie, maar ons is lankal nie meer ’n nasie van rojaliste nie,” sê hy.

Uit ’n ander peiling verlede week blyk dit weer dat die meeste Britte ten gunste van die monargie is.

Dit lyk asof die gewildheid van die koninklikes afhang van wie van die familie ter sprake is. Tot 60% van die deelnemers het aangedui hulle hou van die koningin, terwyl haar seun, prins Charles, minder gewild is.

Byna die helfte van die respondente sou wou sien dat iemand anders koningin Elizabeth opvolg as koning. Slegs 37% het aangedui hulle wil prins Charles as koning sien. – Reuters

Meer oor:  Prins Harry  |  Koninklike Troue  |  Troue  |  Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.