Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Hernieude politieke onrus in Belarus ná dood van betoger

Ooggetuies en mediakanale berig die polisie in Belarus het Sondag dosyne mense in die hoofstad, Minsk, in hegtenis geneem, waar hulle betoog het teen Aleksander Loekasjenko, die leier van dié voormalige Sowjet-land.

Ooggetuies sê die polisie het rubberkoeëls op die betogers gevuur. Die Interfax-nuusagentskap berig ook die polisie het traanrook gebruik om die skare naby die Poesjkinskaja-metrostasie uitmekaar te jaag. Volgens die ooggetuies is mobiele internettoegang ook dwars oor die stad buite werking.

belarus
Die onlustepolisie neem Sondag 'n betoger in hegtegnis in Minsk. Foto: AP

Belarus is midde in ’n politieke krisis namate derduisende betogers elke week die strate invaar sedert ’n verkiesing in Augustus om Loekasjenko te dwing om af te tree ná 26 jaar aan bewind. Loekasjenko ontken die opposisie se aantygings dat die stemmery in sy guns bewimpel is.

Duisende mense is reeds in hegtenis geneem en menseregtegroepe beweer die aangehoudenes word geslaan en mishandel.

Die straatbetogings het opnuut opgevlam ná die dood van ’n 31-jarige teenregeringsbetoger, Roman Bondarenko. Hy het Donderdag in ’n hospitaal gesterf ná wat ander betogers bestempel as ’n “erge aanranding deur veiligheidsmagte”.

Die departement van binnelandse sake sê die regering het geen aandeel in Bondarenko se dood gehad nie en meen hy het gesterf ná ’n onderonsie met ander burgerlikes. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.