Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Herrie oor beplande beeld van Diana
Poul R. Weile se beplande beeld van Diana, prinses van Wallis. Foto: Twitter

’n Beplande beeldhouwerk van Diana, prinses van Wallis, op Trafalgarplein in Londen het nie net die kunswêreld aan die gons nie.

Die Deense beeldhouer Poul R. Weile beplan om die beeld te finansier deur skarefinansiering en benodig sowat £430 000 (sowat R7,6 miljoen).

Die beeldhouer beplan om sodra hy die nodige geld bekom het die regte roete te volg om die beeld op Trafalgarplein in Londen uit te stal.

Behalwe dat Diana as ruiter uitgebeeld sal wees, op die rug van ’n perd, sal die perd op ’n motorwrak gemonteer wees. Diana het nooit van perdry gehou nie.

Diana is op 31 Augustus 1997 ernstig beseer in ’n motorongeluk in Parys en is ure ná die ongeluk in ’n hospitaal oorlede. Die bestuurder van die motor, Henri Paul, en Dodi Fayed, Diana se kêrel in daardie stadium, is in die ongeluk dood. Net ’n lyfwag het die ongeluk oorleef, maar kan tot vandag toe niks van die ongeluk onthou nie.

Deel van Kensington-paleis se planne om die 20ste herdenking van Diana se dood te herdenk, is die skep van ’n wit tuin by die paleis, asook ’n uitstalling van haar mees ikoniese uitrustings.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.