Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Het Trump losprys vir Warmbier aan N-Korea betaal?

Pres. Donald Trump het die betaling van $2 miljoen aan Noord-Korea “vir mediese koste” van Otto Warmbier goedgekeur voordat die jong man ná 17 maande in ’n tronk in ’n koma vrygelaat is.

Die bewerings is in die Washington Post gepubliseer, berig Reuters.

Otto Warmbier. Foto: Twitter/ Otto Warmbier

Die rekening is aan Joseph Yun van Amerika se departement van buitelandse sake oorhandig ure voordat Warmbier (22) op 13 Junie 2017 in ’n koma na Amerika gevlieg is. Hy is ses dae later dood.

Yun het die ooreenkoms om die mediese rekening te betaal in opdrag van pres. Donald Trump geteken, het die Washington Post berig.

“Ons lewer nie kommentaar op gyselaar-onderhandelinge nie en dit is die rede hoekom dit so suksesvol onder hierdie regering gedoen word,” het Sarah Sanders, woordvoerder van die Withuis, gesê.

Yun wou nie kommentaar lewer op diplomatieke uitruilings nie. Hy het Donderdag in ’n onderhoud met CNN gesê hy het verreikende opdragte gekry om Warmbier se vrylating te bewerkstellig en hy was onder die indruk die instruksies het direk van Trump gekom.

“Ja, my opdrag was: Doen wat jy ook al moet om Otto terug te kry,” het Yun aan CNN gesê.

Volgens Yun het hy gehoor dat geld ook al in ander gevalle waar Amerikaners gevange gehou is, tydens vrylatings vir “hospitaalkoste” betaal is. Hy het geen verder besonderhede gegee nie.

In ’n ander onderhoud met CNN het Yun gesê Amerika het geen losprys vir enige Amerikaanse gevangene in Noord-Korea betaal terwyl hy tot Maart 2018 as spesiale verteenwoordiger in die land was nie.

Die rekening vir Warmbier is volgens die Washington Post aan die tesourie gestuur en is nie in 2017 betaal nie. Die koerant weet nie of dit later betaal is nie.

Die departement van buitelandse sake het nie op ’n versoek om kommentaar gereageer nie.

Warmbier, destyds ’n student aan die Universiteit van Virginië, was met vakansie in Noord-Korea en was van Januarie 2016 in die tronk. Noord-Korea het gesê hy is tot 15 jaar harde arbeid gevonnis omdat hy probeer het om iets met ’n propagandaslagspreuk daarop in sy hotel te steel.

Warmbier se pa, Fred, wou ook nie kommentaar op die berig gee nie en wou nie bevestig dat hy aan die koerant gesê het die hospitaalrekening het vir hom na ’n losprys geklink nie.

Warmbier se pa, Fred, wou ook nie kommentaar op die berig gee nie en wou nie bevestig dat hy aan die koerant gesê het die hospitaalrekening het vir hom na ’n losprys geklink nie.

Trump het vroeër ontken dat hy Noord-Korea betaal het om gyselaars vry te laat. “Ek het die gyselaars teruggekry, ek het hulle nooit iets betaal nie,” het hy in September gesê.

Warmbier se ouers het in Maart skerp gereageer toe Trump gesê het hy glo die Noord-Koreaanse leier dat hy nie geweet het hoe hul seun behandel is nie. Trump het ook Kim se leierskap geprys.

Fred en Cindy Warmbier het gesê: “Kim en sy bose regime is verantwoordelik vir die dood van ons seun. Hy is verantwoordelik vir ongelooflike wreedheid en onmenslikheid. Geen verskonings en oordadige lofprysing kan dit verander nie.”

Trump het later gesê hy hou Noord-Korea verantwoordelik vir die jong man se dood. – Reuters

Meer oor:  Otto Warmbier  |  Pres. Donald Trump  |  Noord-Korea  |  Losprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.