Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Hier kan Ubervroue nou vrouekliënte kies

Vrouebestuurders van Uber-voertuie in Saoedi-Arabië kan nou kies om net vrouekliënte te vervoer.

Uber het dit moontlik gemaak nadat terugvoering getoon het dat 74% van vrouebestuurders in dié land net vroue wil vervoer, berig engadget.com.

Daar is nie planne om dit elders in die wêreld te doen of om ’n soortgelyke keuse aan vrouekliënte te gee nie.

Daar is baie gevalle waarin die vrouebestuurders en vrouekliënte van Uber en Lyft misbruik en geteister word.

“Die opsie om net vrouekliënte te kies is spesiaal vir Saoedi-Arabië ontwikkel nadat uitgebreide ondersoeke gedoen is om die behoeftes te verstaan van vroue in ’n land wat deur ’n kulturele transformasieproses gaan,” het Shaden Abdellatif, Uber se woordvoerder in die Midde-Ooste, in ’n verklaring aan CNN Business gesê.

Vroue in Saoedi-Arabië het in Junie verlede jaar toestemming gekry om motors in die openbaar te bestuur. In stede soos Riaad en Jedda is daar nou al hoe meer vroue wat Uber-bestuurders is en raak die mense nou daaraan gewoond, berig Business Insider.

Meer oor:  Saoedi-Arabië  |  Uber  |  Vroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.