Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Hilton-hotelle gedagvaar oor video van vrou in stort

’n Vrou dagvaar die Hilton-hotelgroep nadat beeldmateriaal van haar in die stort op ’n pornografiese webtuiste beland het, berig AP.

Dié vrou het in 2015 by die Hampton Inn and Suites-hotel in Albany in die deelstaat New York tuisgegaan nadat sy as prokureur gegradueer het en haar balie-eksamen moes aflê.

Iemand het vir haar in September 2018 ’n skakel gestuur, waarna sy tot haar skok besef het dat sy in die hotel afgeneem is terwyl sy gestort het. Dié persoon het daarop aangedring dat sy nog video’s stuur, maar sy het geweier.

Die persoon het haar video na bewering op ander pornografiese webtuistes geplaas en dit vir haar vriende en kollegas aangestuur, berig NBC News.

Die vrou dagvaar die Hilton-hotelgroep vir $100 miljoen omdat sy vermoed dat ’n werknemer van die groep die video gemaak het, berig AFP.

Meer oor:  Hilton-Hotelgroep  |  New York  |  Stort  |  Dagvaar  |  Pornografiese Webtuiste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.