Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Historiese vlug tussen Israel, VAE

Soos ’n wit vredesduif, maar sonder die olyftakkie, het die eerste kommersiële vliegtuig Maandag van Israel na die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) gevlieg nadat dié lande ’n vredesooreenkoms gesluit het.

Jared Kushner, pres. Donald Trump van Amerika se skoonseun en adviseur van die Withuis, was op die El Al Israel-vlug. Dis deur sy bemiddeling dat die twee Midde-Oosterse lande in Augustus ’n vredesooreenkoms gesluit het om amptelike bande te vestig.

Volgens Business Insider US was daar voor Maandag nog nooit ’n kommersiële vlug oor die 2 000 km tussen die Ben- Gurion-lughawe in Israel en die Abu Dhabi-lughawe nie. Die VAE is slegs die derde Arabiese land wat bande smee met die Joodse staat.

’n Israelse afvaardiging onder leiding van Meir Ben-Shabbat, Israel se nasionale veiligheidsadviseur, was ook aan boord van die Boeing 737-900ER.

Vir die historiese vlug is die woord “vrede” in Engels, Arabies en Hebreeus op die romp geverf. Spesiale gesigmaskers teen Covid-19 is vir die okkasie gemaak en op die kopstuk van elke sitplek is die woorde “making history” aangebring, ook in Arabies en Hebreeus.

As bemiddelaar van die ooreenkoms was Kushner gretig om die bal aan die rol te sit en betrekkinge tussen die twee lande te normaliseer.

Die VAE het letterlik die rooi tapyt uitgerol vir die twee afvaardigings.

Kushner het in ’n toespraak sjeik Mohammed Bin Zajed al-Nahajan, kroonprins van Saoedi-Arabië, bedank vir toestemming om hul lugruim te gebruik. Die twee afvaardigings het in Abu Dhabi oornag en toe na Israel teruggevlieg.

Nuwe geleenthede ontstaan nou vir El Al om mense na Dubai en Abu Dhabi te neem, die gewildste en uitspattigste bestemmings in die Midde-Ooste.

Die VAE se lugdienste Etihad en Emirates kan ook skep uit ’n nuwe mark in Israel wat deur duisende toeriste en pelgrims van oor die wêreld besoek word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.