Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Ho Tsji Minh se lyk ‘het hulp nodig’

Die “vader van Viëtnam”, Ho Tsji Minh, se gebalsemde lyk het ná 50 jaar ernstige instandhoudingswerk nodig.

Ho Chi Minh
Die mausoleum in Hanoi in Viëtnam waar Ho Tsji Minh lê. Foto: Reuters

Vier Russiese kenners is ingeroep as deel van ’n spesiale span wat moet verseker dat Ho se lyk vir die toekoms bewaar sal bly, berig Reuters.

Die span is aangestel om na die gebalsemde lyk om te sien en sal volgende maand met hul werk begin. Hulle moet “planne en wetenskaplike voorstelle doen om op lang termyn absolute veiligheid vir Ho Tsji Minh se lyk te verseker”.

Rusland het sedert die dae van Wladimir Lenin ’n hoofrol in die balseming van leiers gespeel. Lande soos China en Noord-Korea het al die stigterslede van sy kommunistiese partye met die hulp van die “Lenin-laboratorium” vir ewige bewaring gebalsem.

Lenin, stigter van die Kommunistiese Party en die man wat die “sowjet van unies” bymekaargebring het, is kort ná sy dood in 1924 gebalsem en in Moskou vertoon.

Miljoene mense besoek jaarliks steeds die mausoleum in Hanoi, Viëtnam, waar Ho Tsji Minh lê.

Gebalsemde lyke het gereelde en duur instandhouding nodig en moet af en toe van voor af gebalsem word. Besonderhede oor die toestand van “uncle Ho” se lyk is nie gegee nie.

Nadat die Sowjetunie in 1991 ineengestort het, het Rusland begin om Viëtnam te laat betaal vir die unieke chemiese mengsel wat nodig is om Ho in stand te hou, luidens die mausoleum te webtuiste.

Gebalsemde lyke het gereelde en duur instandhouding nodig en moet af en toe van voor af gebalsem word.

In 2003 het Viëtnam Rusland gevra om die laboratorium wat die spesiale mengsel maak na hom te skuif en hy het wetenskaplikes gestuur om die geheime van die Lenin-laboratorium te leer.

“In die ou dae het Russiese kenners die chemikalieë in die geheim gemaak. Viëtnamese werkers wat later moes opruim, het toe die materiaal en vloeistowwe wat agtergelaat is, versamel. Dit is bestudeer en die kuns van mummifisering is só bemeester,” sê Cao Dinh Kiem, ’n amptenaar van die mausoleum.

Russiese wetenskaplikes word steeds gereeld ingeroep om met die instandhouding van Ho se lyk te help. – Reuters

Meer oor:  Hanoi  |  Viëtnam  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.