Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Hoë vlakke van bestraling by duikbootwrak 'bedreig nie'

Noorweë het bestralingsvlakke van 800 000 maal hoër as normaal gevind by die wrak van ’n Russiese kernduikboot in die Noorweegse See, berig BBC.

Die Komsomolets het in 1989 daar gesink weens ’n brand aan boord en 42 vlootsoldate is dood. Die duikboot het twee kernreaktors en twee kerntorpedo’s gehad.

Die navorsers wat die ontdekking gedoen het, sê daar is nie rede tot kommer oor die omgewing nie. Die lek is nie groot nie en die Arktiese water verdun die sesiumbestraling vinnig.

Die duikboot lê ook baie diep – 1 680 m – en daar is min vis in die omtrek, berig CNN.

Die duikboot was destyds die Amerikaanse tegnologie vooruit. Dit het ’n romp van titanium gehad waarmee dit tot 3 000 vt kon duik.

’n Afstandbeheerde onderwatervaartuig ondersoek die wrak van die Komsomolets, ’n Russiese duikboot.Foto: Noorweë se instituut vir seenavorsing

’n Ongedateerde foto van die Komsomolets. Foto: Getty images

Die inligting kom net ’n week nadat ’n brand in ’n Russiese geheime kernaangedrewe duikboot die lewe van 14 mense geëis het, berig die Amerikaanse National Public Radio (NPR).

Russiese owerhede sê die brand is onder bedwang gebring en die kernreaktor is nie geraak nie.

Noorweë se bestraling- en kernveiligheidsowerheid sê hulle het geen radioaktiwieit ná die laaste voorval bespeur nie.

Meer oor:  Noorweë  |  Kernkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.