Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Hoë van weermag 1 van 8 wat in Black Hawk-ongeluk sterf

’n Top- militêre amptenaar is een van agt mense wat Donderdag gesterf het nadat ’n helikopter ’n noodlanding in die berge naby New Taipei City moes doen.

Genl. Sjen Ji-ming, hoof van lugmagstaf, en sewe ander is dood. Vyf mense het die landing oorleef.

Sjen was op pad om soldate in die noordoostelike provinsie Jilan voor die Chinese Nuwejaar te besoek.

’n Reddingspan is dadelik ontplooi nadat die Black Hawk in die moeilikheid beland het.

Die tragedie kom ’n week voordat die presidensiële en parlementêre verkiesings in Taiwan, ’n demokrasie, op 11 Januarie gehou word.

Die huidige president, Tsai Ing-when, wat haar weer verkiesbaar stel, het haar verkiesingsveldtog tot Saterdag opgeskort.

In 2018 het ’n Black Hawk ook in Taiwan neergestort en ses mense is toe dood. In dieselfde jaar het ’n F-16-vegvliegtuig geval en die vlieënier het gesterf.

Taiwan het in 2010 altesaam 60 UH-60M Black Hawk-helikopters van Amerika gekoop.

Amerika het geen amptelike diplomatieke bande met Taiwan nie, maar is sy sterkste internasionale vennoot en hoofwapenvoorsiener.

China beskou Taiwan steeds as deel van sy grondgebied en sê gereeld hy sal die land – selfs met geweld indien nodig – onder sy beheer terugkry.

Volgens Taiwan is hy ’n onafhanklike land en sy amptelike naam is die Republiek van China. – Reuters

black hawk, taipei
Reddingswerkers by die wrak van die Black Hawk-helikopter waar dit naby Taipei neergestort het. Foto: Yilan County-brandweer via Reuters

Meer oor:  Taiwan  |  Helikopterongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.