Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Hoekom so min virusgevalle in China?

In China, waar die koronavirus wat Covid-19 veroorsaak die eerste keer einde 2019 opgemerk is, is daar baie min gevalle en ’n lae sterftesyfer vergeleke met die res van die wêreld.

Teen Dinsdag het China 103 216 bevestigde infeksies en 4 846 Covid-19-sterftes gehad, volgens die Johns Hopkins-Universiteit.

Mobiele laboratoriums in Guangzhou in die provinsie Guangdong in China waar massas mense vir die koronavirus getoets word. Foto: Reuters

Amerika het reeds 33 378 148 bevestigde gevalle en 597 952 sterftes aangemeld, Indië 28 996 473 gevalle en 351 309 sterftes en Brasilië 16 984 218 gevalle en 474 414 sterftes.

Intussen het pres. Joe Biden van Amerika sy intelligensiediens gevra om opnuut ondersoek in te stel na die oorsprong van die virus: of mense met besmette diere in aanraking gekom het en of daar ’n glips in ’n laboratorium in Wuhan, China, was, het Netwerk24 vroeër berig.

Dit kom terwyl die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) regmaak om met die tweede fase van sy studie na die oorsprong van die virus te begin.

China, wat sy eie entstowwe ontwikkel het, ent miljoene mense daagliks in, met 777,87 miljoen dosisse wat reeds toegedien is, aldus Dinsdag se data van die Johns Hopkins-Universiteit.

Wêreldwyd is daar reeds 2 146 217 418 dosisse entstof toegedien in die lande wat deur dié universiteit gemonitor word.

Gesondheidswerkers in beskermende klere staan by waaiers en blokke ys in ’n mobiele laboratorium in China waar mense vir die koronavirus getoets word. Foto: Reuters

China het op 7 Junie 33 nuwe bevestigde gevalle en 16 asimptomatiese gevalle aangeteken. China dui dit afsonderlik aan.

In teenstelling hiermee het Suid-Afrika op dieselfde dag 3 285 nuwe gevalle en 89 sterftes aangeteken.

China se syfers styg sedert Mei skerper as in die voorafgaande tydperk. In die week wat op 3 Mei begin het, is 146 nuwe gevalle aangeteken en die daaropvolgende week 396. Toe het die getal binne ’n week vinnig gestyg tot 2 522 in die week van 17 Mei. Die daaropvolgende week (24 Mei) was die getal bevestigde gevalle 4 051 en in die week van 31 Mei 3 341, volgens die WGO.

Die land wend nou ’n hernude poging aan om meer toetse te doen, selfs in stede waar nog geen gevalle bevestig is nie.

Baie Chinese is al vele kere getoets. ’n Werker in Shenzhen, ’n stad met 17 miljoen inwoners, is 11 keer tussen 21 Mei en 1 Junie getoets, waarvan nét die laaste toets positief was. Die mense in die nedersetting waar hy woon, is sedertdien al vyf keer getoets. 

Waar is die meeste dosisse al toegedien?

1. China 777 879 000

2. VSA 302 444 973

3. Indië 236 198 726

4. Brittanje 68 964 189

5. Brasilië 68 078 391

6. Duitsland 55 546 616

7. Frankryk 40 057 082

8. Italië 38 761 223

9. Mexiko 34 457 602

10. Rusland 31 295 788

– Reuters

Meer oor:  China  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Entstof  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.