Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Hoës van Turkye en VSA praat oor pastoor in arres

John Bolton, nasionale veiligheidsraadgewer in die Withuis, het Maandag met die ambassadeur van Turkye vergader om die aanhouding van ’n Amerikaanse pastoor in Turkye te bespreek.

Reuters berig die vergadering het plaasgevind op versoek van Serdar Kilic, Turkye se ambassadeur in die VSA.

Past. Andrew Brunson, die Amerikaanse pastoor, is in huisarres in Turkye. Foto: Demiroren News Agency/DHA via REUTERS

“Hulle het Turkye se volgehoue aanhouding van past. Andrew Brunson (50) en die jongste stand van die Amerikaanse en Turkse verhouding bespreek,” het Sarah Sanders, die Withuis se woordvoerder, gesê.

Volgens Amerikaanse amptenare is daar geen spertyd vir die vrylating van Brunson, wat daarvan beskuldig word dat hy twee jaar gelede ’n staatsgreep teen pres. Tayyip Erdogan van Turkye ondersteun het nie.

Brunson, wat tans in huisarres is, het die aanklagte ontken.

Jay Sekulow, ’n prokureur van pres. Donald Trump wat ook die Brunson-familie verteenwoordig, sê daar is deurlopend samesprekings tussen die twee lande oor Brunson se vrylating.

“Ek sien uit na die Brunson-gesin se terugkeer na Amerika,” het hy gesê.

Erdogan het Dinsdag gesê die land sal Amerikaanse elektroniese produkte boikot, berig The Gaurdian.

Pres. Tayyip Erdogan van Turkye (regs) Dinsdag saam met Haider al-Abadi, premier van Irak, in Ankara, Turkye. Foto: Kayhan Ozer/Presidensiële Paleis via REUTERS

Ten tyde van die geskil oor Brunson se aanhouding het Amerika onlangs sanksies teen Turkye ingestel en invoertariewe op staal en aluminium verdubbel.

Erdogan het gesê Turkye stel die nodige ekonomiese maatreëls in te midde van die skerp daling in die waarde van die lira, wat deur die geskil met Amerika vererger is, berig Reuters.

Hy het die Withuis gewaarsku dat diegene wat ’n “ekonomiese oorlog” teen Turkye voer, sal die prys betaal.

“Ons sal Amerikaanse elektroniese produkte boikot. As hulle iPhones het, het die ander kant Samsung. In ons land is daar Venus en Vestel (slimfoonhandelsmerke van Turkye),” het gesê.

Sergei Lawrof, Russiese minister van buitelandse sake, het Dinsdag ook gesê Amerika se nuwe sanksies teen Turkye en Rusland is onbehoorlik en ’n manier vir Amerika om ’n onregverdige mededingende voordeel in wêreldhandel te kry.

Hy en Mevlut Cavusoglu, sy ampsgenoot in Turkye, het ’n gesamentlike mediakonferensie gehou.

Die Turkse geldeenheid het Vrydag met tot 18% geval en wêreldmarkte ontsenu.

The Guardian berig die inhegtenisneming van Brunson, wat in Noord-Carolina grootgeword en in die 90’s na Turkye verhuis het, in Oktober 2016 op aanklagte van spioenasie en weens sy vermeende bande met terreurorganisasies, het van hom ’n martelaar gemaak.

Trump het onlangs na hom verwys as ’n “goeie heer en Christelike leier” wat in Turkye “vir geen rede vervolg word nie”.

Mike Pence, adjunkpresident van die VSA, het gesê Turkye moet Brunson vrylaat of “die gevolge dra”. – Reuters

Meer oor:  John Bolton  |  Vsa  |  Turkye  |  Pastoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.