Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Hof bekragtig Zim-verkiesing se uitslag

Zimbabwe se konstitusionele hof het die verkiesingsuitslag bekragtig.

Hoofregter Luke Malaba het Emmerson Mnangagwa as die wenner van die verkiesing verklaar.

Die konstitusionele hof het Vrydagmiddag uitspraak gelewer nadat die uitslag van die verkiesings in dié land betwis is.

Pres. Emmerson Mnangagwa

Nelson Chamisa, leier van die opposisieparty, die MDC, het die uitslag van die verkiesings betwis en het hom tot die konstitusionele hof gewend. Chamisa het beweer daar was bedrog deur die Zimbabwiese Verkiesingskommissie (ZVK).

Die verkiesing is op 30 Julie gehou.

Mnangagwa, leier van Zanu-PF, het 50,8% van die stemme in die verkiesing gekry en Chamisa 44,3%.

Associated Press berig oor beweringe dat daar by sommige stembusse meer kiesers was as wat geregistreer is.

Adv. Thabani Mpofu, regsverteenwoordiger vir die MDC, het aangevoer Chamisa kon meer as 69 000 stemme in die verkiesing verloor het weens die bedrog van die ZVK.

Geweld het ná die verkiesing in die strate van die hoofstad, Harare, uitgebreek. Sewe mense is doodgeskiet toe die weermag ingegryp het.

Meer oor:  Verkiesing  |  Zimbabwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.