Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Hof in Indië beslis in Hindoes se guns oor aanbiddingsplek

Indië se hoogste hof het Saterdag in die guns van Hindoes beslis, ná ’n jarelange regstryd met Moslems oor ’n eeue oue aanbiddingsplek wat ook deur Moslems toegeëien word.

Reuters berig dié beslissing baan die weg vir die oprigting van ’n Hindoe-tempel waar die bouval van ’n moskee nou staan.

Die hof het beslis dat ’n ander stuk grond wel aan die Moslems beskikbaar gestel word.

Die geskil handel oor wie die grond moet beheer waarop die bouval van die 16de eeuse Babri-moskee staan, wat in 1992 deur Hindoes vernietig is.

Die pilare vir die oprigting van ’n nuwe Hindoe-tempel staan al jare lank en wag vir die hofbeslissing. Foto: AP

Volgens die BBC glo Hindoes dié moskee staan op die geboorteplek van een van hul gode wat die hoogste aansien geniet, Rama.

Moslems het egter volgehou dat húlle al generasies lank daar aanbid.

Hoofregter Gogoi het volgens Times of India in sy uitspraak gesê Hindoes het “godsdienstige sentimente” oor Ayodhya, die betrokke aanbiddingsplek.

“Die geloof van Hindoes dat die Heer Rama hier gebore is, word nie betwis nie.”

Volgens die BBC het die vernietiging van die Babri-moskee in 1992 tot betogings gelei wat byna 2 000 mense se dood tot gevolg gehad het.

Hindoes glo dat dié moskee op die bouval van ’n Hindoe-tempel opgerig is, wat deur Moslems vernietig is.

Moslems het in die moskee aanbid totdat Hindoes in 1949 ’n beeld van Ramain die moskee geplaas het en self daar begin bid het. Die stryd het toe begin.

Hindoeïsme, wat moontlik ouer as 4 000 jaar is, is die oorheersende godsdiens in Indië. Dié land se eerste Islamitiese dinastie is volgens die BBC in die 13de eeu gevestig.

Polisie hou wag buite ’n Hindoetempel voordat die hoogste hof Saterdag sy uitspraak gelewer het. Foto: Reuters

Meer oor:  Indië  |  Babri-Moskee  |  Hindoe-Tempel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.