Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Hof moet beslis oor koalisie
Benjamin NetanyahuFoto: Getty Images

Israel se hoogste hof het Maandag vir die tweede dag argumente aangehoor in ’n aansoek om ’n bevel wat die premier, Benjamin Netanyahu, sal verhoed om ’n koalisieregering saam te stel.

Die aansoek voor die 11 regters van die hoër hof is ingedien weens sy verhoor op aanklagte van omkopery, korrupsie en die skending van die openbare vertroue. Indien teen hom beslis word, sal dit beteken ’n kitsverkiesing moet volg – die vierde een binne ’n jaar.

Netanyahu (70) en sy grootste teenstander, Benny Gantz, het verlede maand ooreengekom om ’n eenheidsregering te vorm wat hulle om die beurt sal lei.

Hulle het gesê ’n eenheidsregering is noodsaaklik in die stryd teen die Covid-19-virus.

Dit beteken die konserwatiewe Netanyahu, wat reeds meer as ’n dekade regeer, sal vir 18 maande aan die hoof van die eenheidsregering wees, waarna Gantz sal oorneem.

Netanyahu sal dan “reserwe- eerste minister” word.

Volgens kritici van die plan sal daardie amp hom verskans teen die hofsaak teen hom.

Hy sal nie hoef te bedank nie – iets wat ministers wel moet doen indien hulle op strafregtelike aanklagte verhoor word.

Die ooreenkoms gee hom ook 18 maande lank beheer oor belangrike aanstellings op die regbank, wat volgens kritici kan beteken hy kan sy eie saak beïnvloed. Die hof sal waarskynlik teen Donderdag uitspraak lewer.– Reuters

Meer oor:  Benjamin Netanyahu  |  Israel  |  Koalisieregering  |  Koronavirus  |  Hofbeslissing  |  Koalisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.