Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Hof sê dié week oor Trump se belasting

Die hoogste hof in die VSA sê vandeesweek of pres. Donald Trump se belastingopgawes bekendgemaak moet word.

Lede van die Demokratiese Party wat in komitees in komitees in die kongres dien en ’n aanklaer in die deelstaat New York het die hof in afsonderlike aansoeke gevra om te gelas dat Trump se ouditeure sy finansiële inligting oorhandig. Dit kan insluit sy belastingopgawes, wat hy al lank weier om openbaar te maak.

Die Demokrate dagvaar ook die president se banke vir dokumente.

Trump meen dat ’n president absolute immuniteit behoort te hê teen strafregtelike ondersoeke deur die staat om te verseker dat sy aandag nie van sy werk afgelei word nie.

Die Demokrate voer aan hulle streef wetgewende doelstellings na, insluitende dié wat verband hou met die aanpassing van federale etiek en geldwassery en dié in die stryd teen buitelandse invloed in Amerikaanse verkiesings.

Die saak word nie regstreeks verbind met enige ondersoeke wat met ’n moontlike staat van beskuldiging kan verband hou nie, voer die Demokrate aan.

Pres. Donald Trump groet Saterdag aanhangers buite die Withuis. Foto: AP

Cyrus Vance jr., die distriksprokureur van Manhattan, voer aan Trump probeer die president bo die reg verhef. Vance stel ondersoek in na of Trump se maatskappy, Trump Organiza­tion, inligting vervals het om swyggeld te betaal aan twee vroue wat beweer dat hulle voor sy verkiesing tot president seks met hom gehad het.

Die Demokrate se saak kan die grootste politieke impak op Trump hê.

As die hof enige van vier kongres-dagvaardings in di;e verband toelaat, sal die Demokrate toegang kry tot talle finansiële state wat met Trump, sy familielede en sy ondernemings verband hou – en dit voor vanjaar se verkiesing openbaar kan maak.

Albei sake kan ook op lang termyn groot gevolge vir toekomstige presidente inhou. Bloomberg

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.