SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Wêreld
Hof sê Vrydag oor Zim se verkiesing

Die konstitusionele hof in Zimbabwe sal Vrydagmiddag uitspraak lewer oor of die land se verkiesingsuitslae geldig is of nie.

Nelson Chamisa, leier van die opposisieparty die MDC, betwis die uitslag van die verkiesing en het hom tot die konstitusionele hof gewend. Die verkiesing is op 30 Julie gehou.

Sewe mense is ná die verkiesing doodgeskiet toe die weermag op mense losgebrand het wat die strate van Harare ingevaar het.

News24 berig die MDC het in die hof aangevoer daar was “ernstige ongerymdhede” met die stemtellery en beweer daar was bedrog van die Zimbabwiese Verkiesingskommissie (ZVK) se kant. Die party het die hof gevra om die verkiesingsuitslag nietig te verklaar en te beslis dat ’n nuwe verkiesing gehou moet word.

Pres. Emmerson Mnangagwa, leier van Zanu-PF, het 50,8% van die stemme in die presidentsverkiesing op hom verenig en Chamisa 44,3%.

Sewe mense is ná die verkiesing doodgeskiet toe die weermag op mense losgebrand het wat die strate van Harare ingevaar het.

Hoofregter Luke Malabe het Woensdag aan die MDC se regsverteenwoordigers gevra hoekom die party nooit daarop aangedring het dat die stemhouers oopgemaak moet word sodat daar vasgestel kon word of daar ongerymdhede was nie.

Sylvester Hashiti, ’n prokureur van die MDC, het gesê hulle kon nie binne die sewe dae ná die verkiesing al die bewyse van beweerde ongerymdhede insamel nie.

Adv. Thabani Mpofu, ook namens die MDC, het aangevoer daar is 16 stempunte wie se uitslae presies dieselfde was.

Adv. Tawanda Kanengoni, namens die verkiesingskommissie, het aan die hof gesê hulle weet nie waar die MDC dié inligting kry nie.

Adv. Lewis Uriri, namens Zanu-PF, het Woensdagmiddag gesê die MDC het nie daarin geslaag om aan die hof te bewys hoekom die verkiesingsuitslag nietig verklaar moet word nie.

Indien die hoofregter sou bevind dat die verkiesingsuitslag geldig is, sal Mnangagwa binne 48 uur as president van Zimbabwe beëdig word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.