Slegs enkele ure nadat prins Harry en sy vrou, Meghan, aangekondig het dat hulle minder betrokke by die koninklikes gaan wees, het Buckingham-paleis ’n verklaring uitgereik waarin gesê word gesprekke met die egpaar “is in ’n vroeë stadium”.
“Ons verstaan hul begeerte om ’n ander benadering te volg, maar dit is gekompliseerde kwessies en dit gaan tyd neem om daardeur te werk,” lui die verklaring.
Hierdie verklaring is uitgestuur nadat Harry en Meghan Woensdagaand op hul Instagram aangekondig het hulle gaan as senior lede van die koninklikes terugstaan en daaraan werk om finansieel onafhanklik te wees.
Die paartjie sê hulle het vir maande oor dié besluit bepeins en “besluit om hierdie jaar oor te gaan na ’n nuwe progressiewe rol in die instelling”.
Hulle noem dat hulle die koningin steeds “ten volle gaan ondersteun”.
Die paartjie sê hulle beplan om hul tyd tussen Brittanje en Noord-Amerika te verdeel, terwyl hulle steeds al hul pligte teenoor die koningin, die statebond en sy mense sal nakom.
Hulle wil egter ruimte hê vir hul gesin en op die “volgende hoofstuk” fokus, terwyl hul seun, Archie, grootgemaak word met ’n waardering vir die koninklike tradisies.
“Ons sien uit daarna om die besonderhede oor die volgende stappe met julle te deel, terwyl ons nog saamwerk met die koningin, die prins van Wallis (prins Charles), die hertog van Cambridge (prins William) en alle betrokke partye.”
View this post on Instagram
“After many months of reflection and internal discussions, we have chosen to make a transition this year in starting to carve out a progressive new role within this institution. We intend to step back as ‘senior’ members of the Royal Family and work to become financially independent, while continuing to fully support Her Majesty The Queen. It is with your encouragement, particularly over the last few years, that we feel prepared to make this adjustment. We now plan to balance our time between the United Kingdom and North America, continuing to honour our duty to The Queen, the Commonwealth, and our patronages. This geographic balance will enable us to raise our son with an appreciation for the royal tradition into which he was born, while also providing our family with the space to focus on the next chapter, including the launch of our new charitable entity. We look forward to sharing the full details of this exciting next step in due course, as we continue to collaborate with Her Majesty The Queen, The Prince of Wales, The Duke of Cambridge and all relevant parties. Until then, please accept our deepest thanks for your continued support.” - The Duke and Duchess of Sussex For more information, please visit sussexroyal.com (link in bio) Image © PA
A post shared by The Duke and Duchess of Sussex (@sussexroyal) on
CNN berig Harry en Meghan het nie met enigiemand oor dié besluit gepraat voordat hulle dit op hul Instagram aangekondig het nie en dat die koninklike familie glo seergemaak voel.
Daar heers glo ook ’n gevoel van “diep teleurstelling” ná die aankondiging.
Twitter-gebruikers het intussen Harry en Meghan se aankondig as #Megxit gedoop, waarna hulle ’n toonaangewer op Twitter geword het.
“Dit is my gunsteling-roof. Die vrou het letterlik ’n prins gesteel. Ongelooflik,” het @IsaacFitzgerald op Twitter geskryf, terwyl ander snaakse video’s gedeel het oor hoe Harry en Meghan uit die paleis moet loop.
Ander Twitter-gebruikers het gegrap dat Harry en Meghan dapper is om sommer in Januarie aan te kondig dat hulle finansieel onafhanklik wil wees.