Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Mogadisjoe
Hommeltuig met 6 missiele stort neer

Mogadisjoe. – Die terreurgroep Al-Sjabaab beweer dit het ’n ongemerkte hommeltuig met ses missiele daarop in die hande gekry nadat dit in die suidelike Gedo-streek neergestort het.

Die hommeltuig het Sondagaand neergestort in die heuwelagtige Buuraah Sanda’ar-streek, sowat 60 km noordwes van Baardhere in ’n gebied wat deur die terreurgroep beheer word.

’n Al-Sjabaab-bevelvoerder het gesê hulle is in besit van die wrakstukke en ses missiele.

“Dit het neergestort weg van burgerlike gebiede. Ons vegters het dit weggevat en ons het die missiele van die hommeltuig gehaal,” het Sjeik Abdirahman Abu Mohamed, die groep se ­Gedo-goewerneur, gesê.

’n Gedo-regeringsamptenaar en ’n Keniaanse grensbron in Baardhere het albei die voorval aan Al Jazeera bevestig.

Dit is onduidelik waarom die hommeltuig neergestort het en geen land het tot dusver eienaarskap aanvaar nie.

Chuck Prichard, woordvoerder van die Amerikaanse weermag se Afrika-bevelshoofkwartier (Africom), het gerugte ontken dat dit ’n Amerikaanse hommeltuig was.

’n Amptenaar van die Somaliese regering wat anoniem wou bly het gesê: “Ons het die nuus gehoor en ons weet hommeltuie en oorlogsvliegtuie is aktief in die streek sedert verlede maand se aanval op die militêre basis, maar ons kan nie bevestig wie se hommeltuig dit was nie.”

Justin Bronk, ’n navorsingsontleder in militêre wetenskappe aan die Britse Royal United Services Institute, het aan Al Jazeera gesê as Al-Sjabaab wel ’n hommeltuig en missiel in hul besit het, kan hulle dit moontlik probeer verkoop.

“Omdat die missiele wat op die hommeltuie is deur lasers beheer word, sal Al-Sjabaab dit nie self kan gebruik nie,” het Bronk gesê.

“Die groter gevaar is as Al-Sjabaab dit aan buitelandse magte soos China of Iran verkoop. Daar is sensitiewe tegnologie in daardie missiele,” het Bronk gesê.

  • Intussen is Muhyadin Mohamed Haji, voormalige minister van verdediging, eergister in ’n bomontploffing in Mogadisjoe dood.

Kapt. Mohamed Hussein van die polisie het gesê die bom was onder Haji se voertuig.

Haji was die minister van verdediging in Somalië se oorgangsregering in 2008.

Sjiek Anbdiasis Abu Musab, woordvoerder van Al-Sjabaab se militêre optredes, het verantwoordelikheid daarvoor aanvaar.

– Reuters, Voice of America

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.