Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Honderde ‘misdadigers’ met boodskap-app vasgetrek

Meer as 800 verdagtes is wêreldwyd in hegtenis geneem nadat hulle geflous is om ’n FBI-geënkripteerde boodskap-app op hul selfone te gebruik, het amptenare gesê.

Operasie Ironside, wat gesamentlik deur Australië en die FBI van Amerika uitgevoer is, het toestelle wat met die Anom-toepassing toegerus is en wat in die geheim onder misdadigers versprei is, gemonitor.

Dit het die polisie toegelaat om hul gesprekke oor dwelmsmokkelary en selfs moordkomplotte te volg.

Mense is onder meer in Australië, Asië, Suid-Amerika en in die Midde-Ooste aangekeer.

Amptenare het dit as ’n waterskeidingsoomblik beskryf.

Daar is op groot skaal op dwelms, wapens en kontant beslag gelê as deel van die operasie.

Scott Morrison, premier van Australië, sê die operasie was ’n “groot slag teen georganiseerde misdaad” wêreldwyd.

Die FBI sal na verwagting later Dinsdag meer besonderhede bekend maak.

CNN berig die FBI en die polisie in Australië het die app vir bykans drie jaar gemonitor, wat tot die inhegtenisneming van honderde mense en die beslaglegging op bates ter waarde van miljoene dollar gelei het.

Die Australiese polisie het in ’n verklaring gesê hulle en die FBI het sedert 2018 die kommunikasie van misdadigers op die Anom-app gelees. Die app is op die swartmark beskikbaar en kan net op selfone gebruik word wat spesifiek daarvoor aangepas is.

Volgens die Australiese polisie het die intelligensie wat die afgelope drie jaar in dié land ingewin is, tot die inhegtenisneming van 224 verdagtes op meer as 500 aanklagte gelei, asook die beslaglegging op 3,7 ton dwelmmiddels en bykans $35 miljoen in kontant. - BBC, CNN, Reuters

Meer oor:  Amerika  |  Australië  |  App
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.