Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Hongkong: Facebook, Twitter bekamp 'bedrieglike gedrag'

Facebook en Twitter het Maandag bekend gemaak dat hulle rekenings opgeskort het wat grootliks in China geskep is en glo misleidende inligting oor betogings in Hongkong deel.

Die veldtog word glo deur China se regering gesteun.

Twitter het in ’n verklaring gesê dat hy inligting bekend maak oor ’n “noemenswaardige regeringsveldtog” oor die situasie in Hongkong en betogers se beroep op politieke verandering.

Die bekendmaking sluit in 936 rekenings in China wat “opsetlik en spesifiek probeer om politieke verdeeldheid in Hongkong te saai”.

“Aan die hand van ons intensiewe ondersoeke, het ons betroubare bewyse verkry wat daarop dui dat dit ’n gekoördineerde operasie is wat deur die staat gesteun word.”

Dié rekenings verteenwoordig glo die aktiefste dele van ’n “groter, gemorspos-netwerk van sowat 200 000 rekeninge”, waarvan baie geskep is nadat dit die eerste keer gesluit is.

Facebook het Maandag ook bekend gemaak dat hy sewe bladsye, drie groepe en vyf rekenings verwyder het wat glo betrokke was in “gekoördineerde bedrieglike gedrag”, as deel van ’n klein netwerk wat in China ontstaan het en op Hongkong fokus.

Nathaniel Gleicher, hoof van Facebook se beleid oor kuberveiligheid, sê die mense agter dié veldtog het verskeie metodes gebruik soos vals rekeninge en om blaaie te bestuur wat hulle as nuusorganisasies voorhou en dié inhoud te versprei.

“Hulle het dikwels plasings gemaak oor plaaslike politieke nuus en kwessies soos die voortdurende protes in Hongkong. Hoewel die mense probeer het om hul identiteit te versteek, het ons ondersoek verbintenisse met die Chinese regering gevind.”

Rondom 15 500 rekenings het dié bladsye gevolg en sowat 2 200 het minstens by een van die groepe aangesluit.

“Aan die hand van ’n wenk wat Twitter gedeel het oor bedrywighede op hul platform, het ons ’n interne ondersoek gedoen na vermeende bedrieglike gedrag in die streek en dié aktiwiteite gevind.”

Sondag het byna twee miljoen betogers die reën getrotseer om vreedsaam in Hongkong te betoog nadat gewelddadige protes en reaksie van wetstoepassers oor die afgelope 11 weke voorgekom het.

Minstens 1,7 miljoen mense het Sondag in Hongkong betoog. Foto: Getty Images
Betogers in Victoria Park, Hongkong hou Sondag ’n Australiese vlag vas tydens betogings. Foto: Getty Images
Duisende betogers stap Sondag met sambrele oor ’n brug in Hongkong. Foto: Getty Images

Meer oor:  Hongkong  |  Twitter  |  Facebook
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.