Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Hongkong-leier het inwoners ‘hard en duidelik gehoor’

Carrie Lam, Hongkong se leier, het Dinsdag weer om verskoning gevra en gesê sy het inwoners “hard en duidelik” gehoor ná die gewelddadige protesoptrede in die Chinees-beheerde stad weens ’n uitleweringswet wat sy wou deurvoer.

Ingevolge die voorgestelde wet sou mense aan China uitgelewer kon word. Sy het die instelling van die wet ná hewige druk uitgestel.

Carrie Lam. Foto: EPA

Dié terugkrabbel oor die wet is die grootste beleid-omkeer sedert die voormalige Britse kolonie in 1997 weer onder Chinese beheer gekom het en het die Chinese president, Xi Jinping, wat met ’n ystervuis regeer vandat hy aan beheer gekom het, voor groot uitdagings te staan gebring.

Lam het gesê daar is nie ’n spertyd om die wet in te stel nie en dat dit nie sal gebeur indien die regering nie die tweespalt daaroor kan oplos nie.

China word daarvan beskuldig dat hy te veel inmeng by Hongkong se sake, en dat die voorgestelde uitleweringswet maar net een voorbeeld daarvan is.

Lam het nie in die openbaar verskyn ná Sondag se reuse-protesaksie in die stad nie.

Sy het Sondagaand in ’n geskrewe verklaring om verskoning gevra, maar mense het gevoel dat dit nie opreg was nie.

Talle waarnemers meen dat sy nie dadelik van haar pos afstand sal doen soos wat baie ontevrede inwoners eis nie, maar dat dit die einde is van haar politieke aspirasies.

Protes-organisasies het gesê dat hulle sal aanhou betoog totdat die wet geskrap is, want hulle is bang dat die owerhede nuwe lewe daarin sal blaas wanneer die gemoedere gekalmeer het.

Meer oor:  Carrie Lam  |  Hongkong
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.