Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Hongkong: Werkers hou protesoptogte in etensuur

Honderde kantoorwerkers in die sakekern van Hongkong het Maandag byeengekom vir die eerste van ’n reeks weeklange protesoptogte tydens middagete om steun vir die teenregeringsbeweging in die land te werf.

Die protesoptogte volg te midde van demokrate se oorweldigende oorwinning in Oktober by die distrikstembusse in dié Chinees beheerde stad.

Die polisie moes Sondag traanrook gebruik om duisende betogers uiteen te jaag toe hulle na die Kowloon-waterfront opruk nadat hulle eers die Amerikaanse konsulaat aangedoen het om hul dankbaarheid vir Amerika se ondersteuning te toon.

Kantoorwerkers betoog Maandag teen die regering in die sakekern van Hongkong. Foto: Reuters

Daar was Maandag geen geweld tydens die twee uur lange saamtrek in die sentrale sakekern van Hongkong nie. Die meeste mense het ná die betoging na hul kantore teruggekeer. Ander mense het onderneem dat hulle die heelweek die betogings tydens die etensuur wil ondersteun.

In die betogings die afgelope ses maande het verskeie mense van verskillende agtergronde – van studente tot pensioentrekkers – byeengekom. Baie van die betogers het die kleur geel aangeneem en geel ballonne op saamtrekke gebruik.

Die betogers se eise sluit in die beëindiging van China se beweerde inmenging in die vryheid wat aan die voormalige Britse kolonie belowe is toe dit in 1997 na Chinese heerskappy teruggekeer het, asook universele stemreg en ’n ondersoek na die geweld wat die polisie volgens die betogers in betogings gebruik word. – Reuters

Reuters: https://www.reuters.com/article/us-hongkong-protests/hong-kong-office-workers-begin-week-of-lunchtime-protests-idUSKBN1Y60C8

Meer oor:  Hongkong  |  China  |  Betogers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.