Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Hongkongse koerant sal ná klopjag deure moet sluit

Die koerant Apple Daily, ’n pro-demokratiese koerant in Hongkong, sal binne enkele dae sy deure moet sluit nadat minstens 500 polisielede verlede week ’n klopjag op die nuuskantoor uitgevoer het.

Die owerhede het die koerant se bates onder ’n nasionale veiligheidswet bevries, het Mark Simon, adviseur van Jimmy Lai, mediamagnaat van Hongkong en stigter van die Apple Daily, Maandag aan Reuters gesê.

Lai is verlede jaar in hegtenis geneem op aanklag van beweerde sameswering met buitelandse magte nadat 200 polisielede ook op Apple Daily toegesak het.

Minstens 500 polisielede kom die portaal van die koerant Apple Daily binne toe die klopjag uitgevoer is. Foto: Reuters

Volgens Reuters sal die sluiting van die koerant die voormalige Britse kolonie se reputasie as ’n vrye en oop samelewing skade berokken en ’n waarskuwing wees vir ander maatskappye dat hulle ook moontlik beskuldig kan word daarvan dat hulle met buitelandse magte saamwerk.

Next Digital, wat Apple Daily publiseer, sal Maandag ’n raadsvergadering hou om die pad vorentoe te bespreek nadat sy krediet bevries is.

Simon sê verkopers het geld in hul rekening probeer deponeer, maar dit is verwerp.

Volgens hom het hulle gedink dat Apple Daily dit tot die einde van die maand sal maak.

“Dit raak nou net moeiliker en moeiliker. Dit is nou net ’n kwessie van dae (voordat Apple Daily sal moet sluit).”

Apple Daily het Sondag gesê hy het net genoeg kontant vir ’n paar weke nadat sy bates bevries is.

Twee van die uitvoerende lede wat verlede week in die klopjag in hegtenis geneem is, is Saterdag borgtog geweier.

Drie ander wat intussen vrygelaat is, word steeds ondersoek.

Beamptes in Hongkong en China sê persvryheid kan nie as ’n rookskerm gebruik word om misdade te pleeg nie. Dit het ook aan die lig gekom dat drie ander maatskappye wat bande met Apple Daily het, ondersoek word en hul bates is ook bevries.

Apple Daily gaan die regering Maandag versoek om die bevriesing van sy bates op te hef. Indien dit misluk, sal die koerant hom tot die hof wend.

Intussen ontvang van die koerant se joernaliste dreigoproepe.

Die polisie beweer dat berigte in die koerant ’n oortreding van die land se nasionale veiligheidswetgewing is. Dit is die eerste geval waarin beweer word dat die lande se wette deur nuusberigte oortree word. Reuters

Meer oor:  Hongkong  |  Sluit  |  Klopjag  |  Koerant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.