Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Hooggeregshof sê Boris mog parlement nie opskort

Die Britse hooggeregshof het Dinsdag beslis Boris Johnson, Britse premier, se vyf weke lange opskorting van die parlement is onwettig.

Die uitspraak van 11 regters volg op ’n dringende verhoor van drie dae wat verlede week die fundamentele regsverskille oor die interpretasie van die land se ongeskrewe grondwet blootgelê het, berig The Guardian.

Boris Johnson
Boris Johnson, premier van Brittanje. Foto: Reuters

Die eenparige beslissing, wat die uitspraak van die hoogste siviele hof in Skotland gehandhaaf het, lui dat die opskorting van die parlement tot 14 Oktober ongeldig is. Volgens The New York Times beteken dit dat die wetgewer nog in sitting is en dat die debat oor Brexit wat kortgeknip is, dus kan voortgaan.

Luidens ’n berig deur CNN het Johnson nog nie ’n woord oor dié hofbeslissing gerep nie.

Koningin Elizabeth het einde Augustus Johnson se versoek toegestaan dat die Britse parlement se werksaamhede opgeskort kan word.

Reuters het vroeër berig Johnson se besluit om die parlement vyf weke lank op te skort, het sy teenstanders woedend gelaat. Die opskorting van die parlementêre bedrywighede byna ’n maand voor die Brexit-sperdatum, sou LP’s wat teen Johnson se Brexit-planne gekant is, met baie min tyd laat om die premier se planne ingevolge parlementêre prosedures en reëls te stuit.




Meer oor:  Boris John­Son  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.