Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Aardbewing: Groot skade aan hotel in Filippyne
’n Hotel in Mindanao in die Filippyne het gedeeltelik ineengestort ná ’n aardbewing. Foto: Reuters

’n Hotel in Mindanao in die Filippyne het Donderdag ineengestort nadat ’n derde aardbewing sedert 16 Oktober dié land getref het.

Minstens een persoon is dood en daar is berigte dat talle mense in die puin vasgekeer is.

Donderdag se aardbewing het 6,5 gemeet.

Die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) het die aardbewing aanvanklik as 6,8 geregistreer, maar die plaaslike owerhede meen dit was ’n 6,5-aardbewing.

Dit is moontlik dat Donderdag se aardbewing ’n naskok van die aardbewing van 29 Oktober was wat 6,6 gemeet het.

Minstens agt mense is tydens dié aardbewing dood, terwyl meer as 300 mense beseer is.

’n Aardbewing wat 6,3 meet, het Mindanao ook op 16 Oktober getref. Reuters

Meer oor:  Aardbewing  |  Filippyne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.