Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Huis stem om Trump te keer om oorlog teen Iran te voer

Die Amerikaanse huis van verteenwoordigers het pres. Donald Trump se vlerke om oorlog teen Iran te voer, Donderdag geknip.

Die huis het gestem sodat hulle Trump kan keer om verdere militêre aksie teen Iran te neem nadat spanning tussen Amerika en Iran sedert 3 Januarie toegeneem het nadat Trump die opdrag gegee het om genl.maj. Kassem Soleimani van Iran te vermoor.

Iran het sedert dié aanval wraak teen Amerika gesweer en 15 missiele Woensdag afgevuur, waarvan 11 missiele twee Amerikaanse weermagbasisse in Irak getref het.

Die Demokrate, wat die meerderheid in die huis van verteenwoordigers is, het ten gunste van die mosie gestem, terwyl al die Republikeine in die huis daarteen gestem het.

Die Amerikaanse huis van verteenwoordigers het Donderdag gestem om pres. Donald Trump se oorlogvoering teen Iran te keer. Foto: Reuters

Die mosie het met 224–194 geslaag en fokus daarop om Trump te verhoed om die Amerikaanse weermag teen Iran in te span.

Hy sal dus eers toestemming van die Amerikaanse kongres moet kry voordat hy die weermag teen Iran mag gebruik.

Dié mosie moet egter nou vanuit die Amerikaanse huis van verteenwoordigers na die Amerikaanse senaat, waar die Republikeine die meerderheid is, gaan.

Die senaat moet die mosie goedkeur voordat dit in werking kan tree. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.