Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
140 sterf weens sikloon in Zim, Mosambiek en Malawi

Volgens die Verenigde Nasies is meer as 140 mense reeds dood weens die tropiese storm in Zimbabwe, Mosambiek en Malawi. Meer as 1,5 miljoen mense in dié drie lande is deur die sikoon geraak, het die nuusdiens AP Saterdagaand berig.

Minstens 24 mense is in Zimbabwe dood nadat sikloon Idai, wat nou ’n tropiese storm is, Zimbabwe Vrydag bereik het. 

Die mense is in die suidoostelike dele van Zimbabwe dood in die storm wat onder meer brûe en huise platgevee het.

Sikloon Idai het vroeër al groot verwoesting in Malawi en Mosambiek gesaai

Krag- en kommunikasieverbindings na die meeste gebiede is vernietig.

Zimbabwe se ministerie van inligting het op Twitter gesê die dood van 24 mense is bevestig en dat 40 mense tans vermis word.

Joshua Sacco, ’n parlementslid van die oostelike distrik Chimanimani, het aan Reuters gesê die verwoesting wat die storm gesaai het, is soortgelyk aan die van sikloon Eline wat die land in Februarie 2000 getref het.

Intussen het die Verenigde Nasies se sentrum vir ramprisiko-bekamping (UNISDR) op Twitter gesê 111 mense is in Mosambiek en Malawi dood nadat Idai die twee lande getref het.

Die UNISDR sê 140 000 mense in Mosambiek is ontwortel terwyl 6 000 huise, 18 hospitale en 938 klaskamers vernietig is.

Die politieke joernalis Shravan Shukla sê op Twitter in Beira, Mosambiek, is 500 000 mense weens die oorstromings van die buitewêreld afgesny.

In Zimbabwe is die krisis weens die land se ekonomiese verval baie groter omdat nooddienste en rampbestuur bykans nie meer bestaan nie.

Jacob Mafume, woordvoerder van die Movement for Democratic Change, sê op Twitter ’n ernstige humanitêre krisis is besig om in Zimbabwe te ontwikkel en dat regeringsingryping op groot skaal nodig is om ’n ramp van epidemiese omvang te voorkom.

Die ministerie sê in ’n twiet dat die land se weermag die reddingspoging lei.

’n Skool in die rampgebied is gesluit en leerlinge wag tans om met ’n helikopter na veiligheid gebring te word. - Reuters 

Meer oor:  Sikloon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.