Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Ierse watergate vra verslapping van maatreëls

Die eienaars van drinkplekke in Ierland is bekommerd dat die streng maatreëls waaronder hulle weer in Augustus kan open tot hul finansiële ondergang sal lei.

Dit is veral die handhawing van ’n gesonde afstand van twee meter tussen klante waaroor hulle bekommerd is. Vir sommige plekke kan dit beteken dat hul honderde klante tot ’n paar verminder word.

Ronan Lynch, eienaar van The Swan, ’n klein Victoriaanse kroeg in die middestad van Dublin, waar drinkers gewoonlik hul pad na die kroeg moet oopveg, sê as die maatreëls nie verslap word nie, sal hy moet oorweeg of dit die moeite werd is om te heropen.

“Die reël dat mense 2 m uit mekaar moet wees, kan nie vir ons hier aan die rand van Europa geld nie. Geen onderneming kan met 25% van sy kapasiteit ’n bestaan maak nie,” sê Lynch, wat sy kroeg voor die inperking opgeknap het.

Kroeë en restaurante in Italië, Nederland, Portugal en Duitsland is heropen met streng riglyne dat 1 tot 1,5 m tussen klante gehandhaaf moet word.

Kroeë en restaurante in Italië, Nederland, Portugal en Duitsland is heropen met streng riglyne dat 1 tot 1,5 m tussen klante gehandhaaf moet word.

Kroegeienaars in Tsjeggië, Switserland en Ysland, wat moet toesien dat tot 2 m tussen klante gehandhaaf word, het die voordeel gehad dat hulle sedert Mei sake kon doen om ’n deel van die besige somerseisoen te probeer benut.

Volgens Lynch kan ’n riglyn vir die handhawing van ’n meter tussen drinkers sy vermoë met tussen 40% en 50% verhoog. Dit sal op sowat 100 mense neerkom.

’n Verslapping van die inperking sal die eienaars van kroeë en restaurante die geleentheid gee om tot aanstaande jaar te oorleef wanneer ’n Covid-19-entstof hopelik ’n einde aan die regulasie kan bring.

Ierse kroeë, wat algemeen bekend is vir hul luidrugtige klante, het in ’n poging om vroeër saam met restaurante op 29 Junie te heropen voorgestel dat drankies net tot die tafels beperk word, geen musiekoptredes aangebied word nie en die toegang tot toilette beheer word. Eienaars wag nog om terugvoering van die regering oor hul voorstelle te kry. – Reuters

https://www.reuters.com/article/us-health-coronavirus-ireland-pubs/irish-pubs-say-two-metre-social-distancing-spells-ruin-idUSKBN23B1UH

Meer oor:  Ierland  |  Inperkingsregulasies  |  Watergate  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.