Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
'Kom kruip waar Jesus geloop het'

Die “heilige trappe” in Rome wat Katolieke glo deur Jesus geklim is voor sy kruisiging, is tydelik oopgestel vir pelgrims om dit op hul knieë te beklim.

Die 28 marmertrappe se beskermende houtkaste is vir die eerste keer in byna 300 jaar vir restourasiewerk afgehaal.

Pelgrims mag dit nou uitklim en hul knieë mag direk aan die klippe raak totdat dit weer in Junie toegemaak word.

Die trappe – genoem die Scala Sancta – was volgens tradisie deel van Pontius Pilatus se paleis in Jerusalem en is in die jaar 326 na Rome gebring deur St. Helena, die Roomse keiser Konstantyn se ma, nadat sy tot die Christendom bekeer is.

Scala Sancta
Die Scala Sancta in Rome. Foto: Wikimedia Commons

Sommige wetenskaplikes glo die trappe is net deel van ’n legende of ’n simboliese replika van die trappe in Pilatus se paleis.

Pilatus was die Romeinse goewerneur in die provinsie Judea wat, volgens die Bybel, gehoor gegee het aan die eise van Jerusalem se Joodse leiers om Jesus te kruisig.

Pous Innocent XIII het in 1723 opdrag gegee dat die trappe met hout toegemaak word om dit te beskerm teen die skade wat pelgrims veroorsaak het.

“Ons het gesien hoe die trappe op ’n eienaardige manier kurwes kry. Die voete van pelgrims het hulle letterlik uitgehol,” sê vader Francesco Guerra, rektor van die Holy Stairs Sanctuary. Die trappe word deur honderde duisende pelgrims per jaar besoek.

Restoureerders het onder die hout munte, foto’s, gebedskrale en klein handgeskrewe gebede gevind wat deur die jare spesiaal daar gelaat is.

Meer oor:  Rome
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.